AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Swartland kan beter reënjaar verwag

Die Swartland kan definitief meer reën kry as verlede jaar, sê mnr. Giel Hugo, weervoorspeller.

Dit lyk asof die Swartland vanjaar reënval kan verwag wat na "normaal neig", het mnr. Giel Hugo, weervoorspeller, by die Skog-voorsaaidag op Moorreesburg gesê.

"Die verwagting in die stadium is dat die Swartland definitief meer reën gaan kry as verlede jaar, maar ek kan nie sê hoeveel meer nie."

Op ’n vraag van mnr. Kiep van Niekerk van Malmesbury oor wanneer die reën gaan kom en hoeveel daar gaan wees, het Hugo gesê dis onmoontlik om te kan sê hóéveel dit gaan reën, maar wel dat dit beter as 2015 gaan wees. "Alle tekens is daar, ook in die volksweerkunde, dat dit nié ’n slegte jaar gaan wees nie. Selfs al kry julle minder as normale reën, gaan die frekwensie van die reën help."

Mini-droogtes

Volgens Hugo lyk dit nie of "mini-droogtes" gaan voorkom, soos verlede jaar nie. "As ons moet glo wat nou op die kaarte is, kry ons ’n voorsmakie van wat ons in die winter kan verwag."

Hugo sê daar is drie faktore wat reënval beïnvloed, naamlik die breedtegraad wat ’n meganiese proses is en waaraan nie verander kan word nie, die lengtegraad wat ’n termiese proses is, en straalstrome (jet streams), wat dikwels misreken word, maar wat ’n uitwerking op temperatuurverskille tussen die pole en die ewenaar het.

Daar was die afgelope dekades ’n geleidelike afname in die temperatuurverskille. Die uitwerking daarvan is onder andere ’n soort "aanhoudendheid" in die weer, met ander woorde die weer verander nie juis nie. Hy sê wat ’n mens eintlik wil sien, is ’n koue front wat deurbeweeg met ’n hoogdrukstelsel wat agter hom kom, en dan nog ’n koue front met ’n hoogdrukstelsel, "nie 20 koue fronte wat verbykom nie".

Groot potensiaal

Die jongste straalstroomkaart van 13 Maart 2016 wys egter dat die strome meer na normaal neig, en Januarie tot Maart is volgens hom ’n goeie tyd om te sien wat met koue fronte gebeur. "Ons sien alle frontjies wat tot dusver ongestoord sonder atmosferiese blokkasies kon deurkom, is fronte wat wes van die land piek. As dit so gaan gebeur in die winter, is ’n front wat wes van die land piek die punt waar die stelsel op sy sterkste ontwikkel is en die grootste potensiaal het om water te gee. As dit wes van die land piek, beteken dit ons begin noordwestewind by Moorreesburg, wat reën bring."

Maart en April is groot reënmaande, veral in die Boland in die Suid-Kaap, maar die stelsels wat daardie reën bring, is nog nie op die kaarte sigbaar nie. "Dit lyk nie ons gaan die hupstoot van ’n klomp reën in Maart en April kry nie. Wat wel gaan gebeur is dat die hoogdrukband geleidelik noord gaan skuif. Dit beteken dat ons frontjies kry wat al hoe nader inkom tot ons groot reën in Junie-Julie of in die laat somer kry."

Hugo het vroeg verlede jaar op die webwerf, www.overbergagri.co.za, geskryf dat dit lyk of die koue fronte in 2015 verder oos by die land gaan uitkom. Daarvolgens sou die Overberg meer reën as normaal kry en die Swartland droër wees, soos dit die geval was.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot