
Hoewel die pryse vir die meeste hooftipes onveranderd was vergeleke met die afsluiting van die somerseisoen in Junie, het sterk grootbokhaar met 4,4% gestyg.
Wanneer pryse egter met dieselfde veiling ’n jaar gelede vergelyk word vertel dit ’n ander storie. Die gemiddelde markaanwyser het oor die tydperk met 57% verbeter tot R170,03 per kilogram. Die hoogste prys van R468 per kilogram is betaal vir ’n baal 25 mikron kleinbokkiehaar van mnr. William Biggs van Murraysburg. Die veilingsomset vir die sowat 85 000 kilogram wat verkoop is, was net meer as R14,4 miljoen. Die volgende veiling is op 26 Augustus.