AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9648
0,00
CORN
30 Jan
-
4658
0,00
SOYA
30 Jan
-
9716
0,00
SUNS
30 Jan
-
12268
0,00
WEAT
30 Jan
-
6602
0,00
WMAZ
30 Jan
-
4600
0,00
YMAZ
30 Jan
-
4610
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Syfers oor plaasaanvalle ‘duimsuig’

Om loongeskille as die oorsaak van plaasaanvalle te beskryf, is pure duimsuig, sê Solidariteit.

Die bewerings dat die meerderheid van plaasaanvalle as gevolg van loongeskille tussen werknemers en werkgewers plaasvind, is uit die Minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, se linkerdduim gesuig.

Só meen dr. Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit en voorsitter van die Solidariteit Beweging se uitgewersmaatskappy, Kraal Uitgewers.

Hermann het vandag in ’n toespraak by die konferensie van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) in Pretoria in ’n striemende aanval gesê die minister se kommentaar oor plaasaanvalle en die verwantskap daarvan met loongeskille is statisties “twak” wat hy uit sy duim suig.

“In die kommissie van ondersoek na plaasaanvalle, wat deur die nasionale polisiekommissaris aangestel is, se 2003-verslag is daar by slegs 1,6% van plaasaanvalle wat tussen 1998 en 2001 plaasgevind het, bevind dat arbeidskwessies ’n duidelike motief vir dié aanvalle was,” het Hermann gesê. “Prof. Herman van Schalkwyk, landbou-ekonoom en landbouer van die jaar, skryf in die eerste uitgawe van Kraal Uitgewers se boek Treurgrond dat die persentasie 1,25% is.”

Voor einde van die jaar beskikbaar
Volgens Hermann veroorsaak die minister ’n onregverdige regverdigingsklimaat vir plaasmoorde op grond van “duimsuig”. “Indien u duim u bron is, skuld u vir Suid-Afrika en die boere ’n regstelling. Indien u statistieke het wat dit kan bewys, maak dan die statistieke oor plaasmoorde aan ons bekend,” het Hermann gesê.

Die eerste uitgawe van Treurgrond wat in 2011 verskyn het, word nou bygewerk en nuwe navorsing word ingevoeg. Sowat 500 nuwe aanvalle, wat nie in die vorige uitgawe verskyn het nie, is reeds bygevoeg. Dié uitgawe sal meer visueel wees en onder meer kunswerke oor plaasaanvalle deur die kunstenaar Pauline Gutter insluit. Die boek sal na verwagting voor die einde van die jaar vrygestel word.

Hermann het voorts aangevoer dat die regering se gebrek aan politieke wil om iets aan plaasaanvalle te doen een van die prominentste haakplekke in die stryd teen plaasaanvalle is. “Die TLU SA doen wonderlike werk op dié gebied en die Solidariteit Beweging, waaronder AfriForum val, het ’n omvattende plan bekendgestel om plaasaanvalle te stuit, maar wat kort in die resep teen plaasmoorde? Die antwoord is die politieke wil van die Regering. Daar is ’n koudheid van die Regering teenoor plaasmoorde.”

Vind meer uit oor misdaad in jou area: Kliek hier om na 'n interaktiewe kaart van misdaad in Suid-Afrika te kyk. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.18
+0.1%
Rand - Pond
21.31
+0.3%
Rand - Euro
18.69
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,018.15
+0.6%
Palladium
1,645.80
+1.7%
Goud
1,933.15
+0.2%
Silwer
23.71
+0.5%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
0.0%
Alle aandele
80,791
0.0%
Hulpbronne 10
77,871
0.0%
Industriële 25
103,872
0.0%
Finansiële 15
16,281
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot