
Ernstige haelskade in die Vaalwater-distrik die afgelope naweek het skade van miljoene rande aangerig en die jaarlikse Waterbergse Tabakrondomtalie wat Woensdag (29 Januarie) gehou sou word, is gevolglik afgestel.
Volgens mnr. Johan Riekert, landboukundige van LTP (Lowveld Tobacco Processors) word skadeberamings hierdie week gedoen, maar voorlopig lyk dit asof ten minste 160 hektaar tabak heeltemal vernietig is.
LTP se tabakproefaanplantings het ten volle in die slag gebly en groot skade is aangerig op die plase wat tydens die boeredag besoek sou word.