AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Takel dieresiektes nasionaal’ – veeartse

Suid-Afrika sal sy provinsiale benadering tot dieregesondheid vaarwel moet roep om dieresiektes en uitbrekings beter te beheer.

Om dieresiektes en uitbrekings beter te beheer, sal die land sy provinsiale benadering hiertoe moet laat vaar, meen dr. John Adam van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR).

Dié raad het onlangs sy strategiese plan wat tot 2019 strek aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye bekend gemaak. Die komitee wou weet of geskeduleerde siektes in die land onder beheer is en of die uitbreking van die pluimveevirus H5N8, wat twee groot hoenderproduksie plase in Mpumalanga getref het, verhoed kon gewees het.

Adam het gesê dat dit nooit ten volle onder beheer sal wees nie. Dit moet bestuur word en koördinering rakende die siektes moet meer op ’n nasionale vlak gedoen word.

Private veeartse

Hy het gesê geskeduleerde siektes is gekontroleerde siektes en die uitbreking van so ’n siekte raak nie net dieregesondheid nie maar uiteindelik ook voedselveiligheid en -sekuriteit. Daarom sal private veeartse ’n baie groter rol moet begin speel om daardie soort siektes saam met die regering te bekamp.

Maar soos in die geval van die pluimveesiekte, wat waarskynlik deur watervoëls vanaf Zimbabwe die land ingebring is, nie iets wat beheer kon word nie. “Ons kan nie eens die mense beheer wat die grense oorsteek nie, wat nog van die voëls.

“Siektes ken nie grense nie. Op die oomblik word veeartseny besluite op provinsiale vlak geneem. Wanneer ’n siekte versprei, steek dit die grens binne ’n dag oor.”

Vyf maande

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, wou ook weet of daar meer uitbrekings van dieresiektes voorkom en word dit voldoende hanteer. Dit kom nadat dit vyf maande geneem het voordat die siekte kriptosporidiose onder lammers en kalwers in die Vrystaat geïdentifiseer is.

Adams het uitgewys dat dit moeilik is om die uitbreking van ’n siekte te beheer as jy nie die nodige mannekrag het nie en dat dit baie keer die geval in die land is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+1.3%
Rand - Pond
20.20
+0.0%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,726.70
+1.6%
Silwer
21.16
+2.2%
Palladium
2,329.00
+4.7%
Platinum
935.00
+3.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot