AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Talle plase sonder water ná kanaalbreuk

'n Kanaalbreuk onder die Bulshoekdam word blitsig herstel sodat watervoorsiening aan 600 plase en verskeie dorpe nie verder belemmer word nie.

’n Kanaalbreuk sowat 1,5 km onder die Bulshoekdam buite Clanwilliam was verantwoordelik daarvoor dat sowat 600 plase en verskeie dorpe se watertoevoer vir dae aaneen afgesny of beperk is.

Dié breuk, wat Dinsdag, 17 Januarie, plaasgevind het, word egter herstel en watergebruikers laer af in die stelsel behoort dan sowat 70% van hul gewone watervoorsiening te ontvang. (Die breuk sou teen Woensdag, 25 Januarie, herstel wees.)

Dit beteken dat boere wat van dié water afhanklik is vir besproeiing, sowat ’n week daarsonder moes klaarkom.

12 000 ha sonder water

Volgens mnr. Johan Louw, voorsitter van die Laer Olifantsrivier Watergebruikersvereniging (LORWUA), het twee en ’n half panele in die hoofkanaal Dinsdagaand meegegee. Dit het die watervoorsiening vir tot 12 000 ha se aanplantings afgesny.

LORWUA het, tesame met kontrakteurs uit die Paarl, ingespring om die breuk tydelik met ’n staalkonstruksie te herstel.

“Die breuk het in onbegaanbare terrein plaasgevind, so ons kon nie net daarom pomp nie. Ons konstruksiespan het oornag ’n konstruksie van 22 ton gesweis en met ’n hyskraan in die hoofkanaal geposisioneer.

“Ons moes letterlik met ’n slootgrawer ’n pad maak na die terrein toe. Dit was baie moeilik vir die vragmotors om in te kom met sement en die werktuie wat ons nodig het.”

Louw, wat naby Vredendal boer, sê die hoofkanaal kan sowat 26 000 m3 water per uur hanteer, terwyl die struktuur hulle in staat stel om sowat 18 000 m3 te verskaf.

“As ons nie die konstruksie ingesit het nie, was ons nóg ’n week sonder water. Betonstrukture het ongelukkig tyd nodig om droog te raak.”

Wingerde en kontantgewasse geraak

Volgens Louw het van die dorpe in die omgewing hul eie opgaargeriewe en was dit hoofsaaklik die landbougemeenskap wat erg daardeur geraak is.

“Ons wingerde staan in volle drag en ons is op die punt om te begin oes. ’n Mens kan duidelik sien die wingerde is onder stres, veral die wingerde op die buitegronde."

Volgens Louw is die huidige kanaalstelsel reeds meer as 80 jaar oud, terwyl die leeftyd vir só ’n betonstruktuur sowat 40 jaar is. Die stelsel moet deur die Departement van Waterwese en Sanitasie onderhou word.

“Ons sit met ’n struktuur wat baie kwesbaar is en wat nie die druk wat ons op hom plaas, kan hanteer nie. Ons probeer ons bes met onderhoud, maar daar is plekke wat só onbegaanbaar is dat as die kanaal daar breek, ons met ’n helikopter sal moet invlieg.”

* In Januarie 2015 het sowat 300 besproeiingsboere in dieselfde omgewing sowat drie weke moes wag nadat ’n kanaal uit die Clanwilliam-dam aan die westelike oewer van die Olifantsrivier gebreek het. Die Wes-Kaapse Regering het toe sowat R1 miljoen bewillig vir die herstel van die kanaal.

Kyk hieronder na foto's van die skade en herstelwerk wat plaasvind aan die kanaal.

Foto's: Verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+0.3%
Rand - Pond
21.10
+0.6%
Rand - Euro
18.86
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.20
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
972.34
-0.2%
Palladium
1,587.32
-0.8%
Goud
1,869.77
+0.1%
Silwer
22.22
-0.3%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,369
-0.2%
Alle aandele
79,469
-0.1%
Hulpbronne 10
74,435
+0.5%
Industriële 25
102,682
-0.4%
Finansiële 15
16,305
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
soek iemand wat die lewe saam my kan geniet
ek is 'n vriendelike, liefdevolle mens en lag altyd ek hou daarvan om te stap op die strand, braai, sosiaal te verkeer, window shopping, vlooimarkte, kamp, waarvan ek nie hou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot