AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Talle veesiektes het land op hol

Boere en veeartse van oor die hele land staan bont om die uitbreking van talle veesiektes die afgelope ruk in bedwang te bring.

Boere en veeartse van oor die hele land staan bont om die uitbreking van talle veesiektes die afgelope ruk in bedwang te bring. Suid-Afrika is onder meer tydelik sy status as vry van bek-enklouseer kwyt nadat dié siekte in die noorde van KwaZulu-Natal uitgebreek het.


Die uitvoer van diere met gesplete hoewe en hul produkte is gedeeltelik opgeskort. In ander dele van die land beveg boere en veeartse onder meer knopvelsiekte, drie-daestywesiekte en bosluis-galsiekte by beeste.  Bloutong, vrotpootjie en Slenkdalkoors kom ook voor.


Die probleem eindig nie daar nie. Haarwurm-besmettings weens die hoë wurmladings wat in nat en warm toestande gedy, kom herhaaldelik voor. Perdesiekte in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat geen perde na of van die gebied vervoer mag word nie.


Geen bevestigde gevalle van perdesiekte het nog in die Vrystaat voorgekom nie, maar boere word aangeraai om hul diere dringend daarteen in te ent. Die siektevryegebied in die Wes-Kaap is die enigste in die land van waar perde vir uitvoer aanvaar word.


Die status van die land se perdesiektevryesone en die moontlike instelling van ’n verbod op uitvoer sal afhang van die omvang en die erns van die uitbreking. Bloutong, knopvelsiekte en perdesiekte word deur insekte oorgedra en kom veral voor in gunstige omgewingstoestande, soos die swaar reën die afgelope maande.


’n Staatsveearts van die Vrystaat sê die veld is só nat dat toestande vanjaar amper dieselfde is as om vee op besproeide weiding met hoë wurm- en bosluisladings te laat wei. Mnr. Selby Bokaba, woordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sê ’n span veeartse is na Mpumalanga, die Vrystaat en die Oos-Kaap gestuur om die provinsies vir die siekte te fynkam. Hulle moet seker maak dat bek-en-klouseer nie na ander provinsies versprei het nie.


Volgens hom was me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ontsteld om te hoor dat die rooilyn-grensheining tussen Suid-Afrika en Mosambiek in onbruik verval het. Dié heining is veronderstel om die land se vee te beskerm teen siek vee van buurstate.


Joemat-Pettersson het die gebied verlede week besoek. Sy het opdrag aan die provinsiale departemente gegee om so gou moontlik die heining te herstel. Sy het ook aangedui dat die staat met die regerings van Mosambiek en Swaziland sal vergader oor dié uitbreking asook grensbeheer.


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en  verkeersbeamptes gaan in die komende weke padblokkades in KwaZulu-Natal beman om die vervoer van diere te monitor en die verspreiding van die siekte te probeer beperk.


In Noordwes het mnr. Boitumelo Tshwene, LUR vir landbou, landelike en omgewingsontwikkeling asook omgewingsake, met skok gereageer op bewerings dat sommige boere hul diere met ’n ontsmettingsmiddel inspuit om knopvelsiekte te behandel. Hy het boere aangeraai om die siekte, wat deur muskiete onder beeste versprei word, deur ’n veearts te laat behandel.

16 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot