
Die waarde van grond by Marquard in die Vrystaat het in die tydperk vanaf Oktober 2015 tot September 2016 met 64,4% gestyg, terwyl grond by Wesselsbron ’n styging van 17,7% gesien het.
Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond van meer as 20 ha in die Vrystaat vanaf Oktober verlede jaar tot September vanjaar.
In dié tyd is 688 ooreenkomste in 42 distrikte beklink wat 316 2471 ha teen R4,022 miljard behels het. Die grondprys in 47,8% van die distrikte toon ’n dalende neiging.
Altesame 60 transaksies (9%) was van kleur. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (45), regeringsaankope van landbougrond en grond verkry vir stedelike ontwikkeling (8).
Daar was 18 389 ha (5,8%) ter sprake wat teen R836 miljoen (20,8% van die totale waarde) verkoop is. Altesame 51 transaksies (7%) was vir grond van minder as 50 ha. Die meeste transaksies (343 of 50%) was vir grond van meer as 300 ha.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.