
Die Wes-Kaapse departement van landbou sê Tuta absoluta, die blaarmyner-motspesie wat verwoesting by tamaties saai, is in dié provinsie bespeur ondanks pogings om sy vordering in ander provinsies te keer.
Die voorkoms van die indringer-blaarmyner is tans in Robertson en die Paarl bevestig. “Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye moniteer Tuta absoluta vir die afgelope twee jaar. Die eerste positiewe toetsuitslae is vanjaar in Augustus in Mpumalanga bevestig.
“Dié pes is aggresief en val die hele plant aan. Die departement raai kwekers aan om hul tamatieplante noukeurig na te gaan vir enige tekens van die blaarmyer, soos eiers, veral as hulle saailinge van Mpumalanga of Limpopo ontvang,” lui ’n mediaverklaring van die Wes-Kaapse landboudepartement.
Tree met Jan Hendrik Venter, die nasionale landboudepartement se wetenskapsbestuurder vir vroeë waarksuwings:plantgesondheid, om ’n Tuta absoluta-besmetting aan te meld: JanHendrikV@daff.gov.za.