AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8984
34,00
CORN
07 Okt
-
4785
-33,00
SOYA
07 Okt
-
9580
50,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4947
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Te min weidingkundiges opgelei’

Meer weidingkundiges moet opgelei word, want Suid-Afrika het minder as tien weidingkundige spesialiste as mentors vir die nuwe geslag.

Die opleiding van weidingkundige spesialiste moet weer sy regmatige plek in die opleiding van landbouwetenskaplikes inneem vir die volhoubare voedselproduksie in die land.

Dit is die beroep van die lede van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika (WVSA) wat die 49ste kongres oos van Bloemfontein bygewoon het.

Dr. Loraine van den Berg, ’n bestuurslid belas met opleiding, sê te min gespesialiseerde weidingkundiges word die afgelope jare by die meeste tersiêre instellings opgelei sedert die klemverskuiwing na volhoubare landbou. “Suid-Afrika beskik nou oor die kundigheid van minder as tien weidingkundige spesialiste wat as mentors vir die nuwe geslag moet optree,” sê sy. Die Weidingsvereniging gaan hom nou toespits om dié vakrigting as volwaardige kursus by meer universiteite ingestel te kry.

Dr. John Taylor, voorsitter van die Australiese weidingsvereniging, sê die langtermyn-proses om sleutelvaardighede vir sy boere en voorligtingsbeamptes te ontwikkel, het al sowat ’n dekade gelede begin. Die proses behels onder meer die bepaling van opleidingbehoeftes, bestaande kursusse en aanpassings daarvan wat by heersende neigings inskakel. “Die uitdaging is om die geskikte vaardighede deur opleiding te ontwikkel wat tot suksesvolle enkelinge en lewenskragtige gemeenskappe kan aanleiding gee,” sê Taylor.

Dr. Igshaan Sameuls, die uittredende voorsitter van die WVSA, sê sy bedryf ondervind ’n tekort aan nuwe toetreders uit die geledere van landbouskole en die onderskeie landboufakulteite. “Die landbouwetenskappe lok min belangstelling, aangesien dit nie as ’n geldelik lonende beroep geag word nie, en dit praktiese vaardigheid en jare van studie vereis,” sê hy.

Byskrif: Dr. Igshaan Sameuls (links), die uittredende voorsitter van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika en sy opvolger, dr. Tony Palmer van die Landbounavorsingsraad, Grahamstad. Foto: Johan Norval

Igshaan en Tony

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.0%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.85
-0.2%
Silwer
20.66
+0.0%
Palladium
2,253.00
-0.4%
Platinum
925.00
-0.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot