AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Teenstortingstariewe: Verstryking wek kommer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Louw Pretorius
Foto: Louw Pretorius
Die plaaslike pluimveebedryf is besorg oor die impak op die bedryf nadat tydelike teenstoringstariewe teen vyf lande reeds middel Junie verstryk het.

Sonder dié tariewe teen dié lande (Brasilië, Spanje, Denemarke, Pole en Ierland) sal die storting en invoer van pluimveeprodukte net toeneem, terwyl ’n besluit daaroor aanhou sloer, sê mnr. Izaak Breitenbach, hoof van Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) se braaihoenderorganisasie.

In Desember is tydelike teenstoringstariewe van 3-265% teen dié lande ingestel. Dit het vir blydskap onder plaaslike pluimveevervaardigers gesorg, maar ook teenkanting gekry vanaf die betrokke lande se vleisinvoerders.

Die tydelike tariewe het egter vir net ses maande tot 14 Junie gegeld en dit is nog nie hernu nie. Intussen oorweeg Suid-Afrika se kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) steeds of die teenstortingstariewe vir vyf jaar teen die vyf lande ingestel moet word. 

Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het wel vanaf 12 Junie 60 dae om te reageer op die Itac-verslag wat die gevolge van onbillike handelspraktyke op die plaaslike pluimveebedryf uitlig.

Mnr. Anthony Clark van Smalltalkdaily Research sê die toutrekkery en gevegte in die media oor die tariewe tussen die bedryf en die vleisinvoerders kan moontlik een van die redes wees waarom daar nog nie ’n besluit oor die voortsetting van die tariewe gemaak is nie.

Daar is volgens hom ook heelwat ander faktore wat Patel moontlik sal moet oorweeg, soos die nadelige koste weens beurtkrag op die pluimveebedryf, asook hoë brandstofpryse en ander stygende verspreidingskoste.

“Bekostigbaarheid vir die laer inkomstegroepe moet ook vir hom ‘n kwessie wees,” sê Clark.

Waarskuwing

Breitenbach waarsku egter sonder voorlopig of heeltydse tariewe in plek, is die plaaslike pluimveebedryf in gevaar en die ongunstige impak kan reeds gevoel word.

“Die pluimveebedryf het soos menige Suid-Afrikaners ook te doen met beurtkrag, toegang tot vars, skoon water, stygende koste van brandstof en voer, en ’n minder as wenslike wisselkoers. Ten spyte van hierdie probleme produseer die bedryf steeds die goedkoopste hoender wat die rand kan koop,” sê hy.

“In Ghana, Senegal en Kameroen is dit duidelik hoe storting 'n bedryf maklik kan vernietig. Sonder hierdie tariewe in plek kan die stelselmatige aftakeling van Suid-Afrika se pluimveebedryf volg. Dít sal weer tot groot werkverliese en ernstige ekonomiese inkrimping bydra. Storting bring boonop die land se voedselsekerheid in die gedrang.

Volgens hom ondergrawe storting van hoender ook die “pilare van die meesterplan vir die pluimveebedryf”.

“In hierdie moeilike produksie-omgewing bly onbillike handelspraktyke van Brasilië, Ierland, Spanje en Denemarke wat hul produk op Suid-Afrikaanse bodem stort, steeds die grootste bedreiging vir plaaslike pluimveebedryf en Suid-Afrikaanse verbruikers.”

Die uitbreek van voëlgriep in Europa keer wel in ’n mate invoer vanaf daardie streek. Daarom, volgens Clark, sal Brasilië en Amerika vir eers die invoer na Suid-Afrika oorheers.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot