AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Teenstortingtariewe vir hoenderstukke uit drie lande verleng

akkreditasie
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
Die plaaslike hoenderbedryf verwelkom die aanbeveling dat bestaande teenstortingstariewe op ingevoerde hoenderstukke aan die been uit drie Europese lande verleng word.

Itac, die kommissie vir internasionale handelsadministrasie, het aanbeveel dat die bestaande teenstortingstariewe vir Duitsland, Nederland en Brittanje, wat sedert 2015 geld, vir die volgende vyf jaar verleng word. Sulke tariewe verval volgens ’n afloopklousule ná vyf jaar, tensy Itac die verlenging daarvan vir nog vyf jaar hersien.

As die aanbeveling deur die department van handel en nywerheid aanvaar word, is ingevoerde hoenderstukke aan die been uit Duitsland vir die volgende vyf jaar onderworpe aan ’n teenstortingstarief van 73,33%, dié uit Nederland met 22,81% en die Britse hoenderstukke se invoertarief is 30,09%. Dit is heelwat minder as die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se hernuwingsaansoek wat gevra het vir ’n teenstortingstarief van 307% op dié snit uit Duitsland, 176% uit Nederland en 92% uit Brittanje.

“Ons is verheug dat Itac ons aansoek om hernuwing van die tariewe goedgekeur het. Dit sal ekonomiese groei en werkskepping vir Suid-Afrikaners verseker,” sê mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se braaihoenderorganisasie.

Hy waarsku die pluimveebedryf staar die bedreiging van hernieude storting in die gesig wat Suid-Afrikaanse boere se inkomste verwoes, transformasie verlangsaam en werksgeleenthede wegneem. “Dit sal rampspoedig wees in ’n tyd dat die bedryf reeds onder ernstige druk is.”

Itac het in sy ondersoek na die hernuwing van die tariewe ook bevind dat as die teenstortingstariewe afgeskaf word, daar ’n moontlikheid is dat storting sal voortduur, ten koste van die plaaslike bedryf.

Voëlgriepverbod

Maar op sy beurt sê mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van die vereniging vir vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie), hy vind veral die buitensporige tarief van 73,3% op Duitse ingevoerde hoenderstukke aan die been vreemd. “Hulle voer al die afgelope vyf jaar nie pluimveeprodukte na Suid-Afrika uit nie weens die voëlgriepverbod. Dieselfde verbod geld vir Nederland en Brittanje.”

Hy glo die verbod op hoenderinvoer word as ’n handelsversperring gebruik, veral omdat Nederland onlangs vry van voëlgriep verklaar is.

Matthew sê Amie se bestuur neem binnekort ’n besluit oor ’n appèlaansoek teen die aanbevelings. “Ons is effens bekommerd oor die metodologie wat Itac gebruik het in sy hersiening en ons sal ’n regsmening inwin.”

Ingevolge die pluimveemeesterplan wat die regering, die hoenderbedryf, vakbonde en invoerders in November verlede jaar onderteken het, word groter plaaslike produksie en beter invoerbeheer saam met die bevordering van uitvoer as doelwitte gestel. Die hoenderbedryf is Suid-Afrika se grootste landboubedryf en goedkoop invoer – meestal teen minder as die produksiekoste van die uitvoerlande – het verwoesting gesaai en die instelling van die plan noodsaaklik gemaak.

Vergeleke met ’n jaar gelede produseer die plaaslike pluimveebedryf 290 000 bykomende hoenders per week. Sojaboon- en mielieaanplantings het onderskeidelik met 122 000 ha en 144 000 ha gestyg en meer as 2 000 nuwe werkgeleenthede is oor die hele waardeketting heen geskep, het mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, in Junie aan ’n parlementêre oorsigkomitee gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot