AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Tienduisende liter melk gaan weens onluste verlore

akkreditasie
Duisende liters melk word uit ’n melktenk gelaat op mnr. Colin Wellbeloved, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie, se plaas in die Boston-omgewing in KwaZulu-Natal. Boere kon sedert Saterdag nie hul melk verkoop nie, omdat melktenkwaens nie plase kon bereik nie. Foto: Colin Wellbeloved
Duisende liters melk word uit ’n melktenk gelaat op mnr. Colin Wellbeloved, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie, se plaas in die Boston-omgewing in KwaZulu-Natal. Boere kon sedert Saterdag nie hul melk verkoop nie, omdat melktenkwaens nie plase kon bereik nie. Foto: Colin Wellbeloved
Melkboere in KwaZulu-Natal moes sedert Saterdag tienduisende en waarskynlik selfs miljoene liter melk stort omdat melkkopers weens die onluste in die provinsie nie hul melk kon gaan oplaai nie.

Volgens mnr. Colin Wellbeloved, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in KwaZulu-Natal wat in die Boston-omgewing tussen Pietermaritzburg en Underberg boer, lewer KwaZulu-Natalse boere dié tyd van die jaar daagliks altesaam sowat 2 miljoen liter melk. Hy reken nie eens die helfte hiervan kon sedert Saterdag opgelaai word nie.

Baie van dié melk word gebruik om produkte vir Gautengse verbruikers te vervaardig.

“Ons kan sedert Saterdag nie ons melk verkoop nie, want dit kan nie vervoer word nie. Die paaie is versper. Net in my omgewing alleen moes ons gister 60 000 liter melk stort. Een boer met wie ek gister gepraat het, moes 30 000 liter melk stort.

“ ’n Mens produseer elke dag melk, die koeie kan nie afgeskakel word nie. Dit is ontmoedigend om heeldag te bestee om koeie te melk, en daarna die kraan te moet oopdraai en daar vloei die melk  weg.”

’n Tenkwa van sy melkkoper het wel Dinsdagnag op sy plaas opgedaag en hy kon Dinsdag se melk laai. “Ek weet nie hoe hy dit reggekry het om hier uit te kom nie.”

Wellbeloved sê alle melkkopers en melkboere word deur die situasie geraak.

Die MPO het Woensdag opnames onder sy lede begin doen om vas te stel hoeveel melk nie verkoop kon word nie en hoeveel verliese boere ly.

Volgens Wellbeloved het ’n Gautengse melkkoper aan hom gesê hy het dáár probleme met die vervoer van melk wat hy by boere kry. “Hul produksie- en verwerkingsvermoë is oorweldig omdat hulle nie die melk kan vervoer nie.”

Laer produksie

Wellbeloved sê melkboere in KwaZulu-Natal kan ook nie voer en konsentraat kry nie. Hoewel hulle weidingsboere is, gebruik hulle konsentraat om produksie te verhoog. “Dit sal die toekomstige hoeveelheid melk wat geproduseer word, benadeel. Produksie daal en herstel nie. Daar gaan hierna minder melk wees, en dit gaan die hele seisoen nie herstel nie.”

Ondersteuning

Volgens Wellbeloved ontvang boere baie steun uit die gemeenskap. “Elkeen doen sy bes. Ek is aangenaam verras met die steun wat ons uit ons landelike gemeenskap kry. Mense wat nog nooit eens op ons plase gewerk het nie, kom help ons om brande te blus.”

Clover ook geraak

Die suiwelmaatskappy Clover, wat ’n groot aanleg in Queensburgh, Durban, het Woensdag, 14 Julie by navraag bevestig dat sekere van sy bedrywighede, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Gauteng, regstreeks of onregstreeks deur die onrus in dele van die land geraak word.

Clover sê hy het maatreëls getref om te verseker dat sy werknemers ongedeerd bly en om die uitwerking op sy geriewe te beperk.

“Ontwrigtings word ongelukkig in die waardeketting ervaar en Clover werk saam met sy sakevennote om aandag te gee aan die uitwerking hiervan op die beskikbaarheid van produkte. Die bestuur monitor die verwikkelings en sien uit na die regering se dringende ondersteuning om te verseker dat voedselsekerheid te alle tyd voorrang geniet,” het die maatskappy gesê. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.45
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,019.35
-2.9%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Nuwe begin, nuwe hoop, nuwe lewe
Ek is n inspirerende mens wat enige iets wat op my pad kom sien as n getuienis om God se Naam groot te maak. My hande staan vir niks verkeerd nie. Ek hou van sport en om tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot