AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Tier vind veilige tuiste in OVS

‘n Jong Bengaalse tier, wat vermoedelik in ‘n dieretuin in Jordanië mishandel is, het ‘n veilige tuiste in die Oos-Vrystaat gevind.

‘n Vyf maande-oue Bengaalse tier, wat vermoedelik in ‘n dieretuin in Jordanië mishandel is, het met behulp van die Four Paws-liefdadigheidsorganisasie ‘n veilige tuiste in die Oos-Vrystaat gevind.

Bahar, wat “die lente van die lewe” in Arabies beteken, het ná ‘n reis van twee dae vanaf Jordanië Saterdag (5 Februarie) by die Lionsrock Big Cat Sanctuary buite Bethlehem aangekom.

Hy is een van drie tiere wat onlangs deur die Prinses Alia-Stigting en Four Paws in Jordanië gered is, en wat by die New Hope Center in dié land versorg is voordat hy na Suid-Afrika gekom het.

Twee ander tiere, wat deel was van ‘n sirkusgeselskap van Sirië, sou ook na Lionsrock toe gekom het. Die twee diere is na verwagting vir die sirkus geteel, maar is deur die owerhede gekonfiskeer.

Die tierwyfie is egter kort ná haar opname by die sentrum dood en die mannetjie is tans baie siek en kan nie vervoer word nie.

Bahar se geluk

Bahar is deur ‘n hele span kundiges, asook Prinses Alia van Jordanië, wat die stigting vir mishandelde diere in haar land tot stand gebring het, na Suid-Afrika vergesel.

Hy sal die res van sy lewe in rus en vrede by Lionsrock deurbring, soos die res van die diere daar. Lionsrock se visie is om ‘n tuiste aan mishandelde diere, veral groot katte, te bied waar daar nie met hulle geteel word nie, en waar hulle so min as moontlik in regstreekse kontak met mense kom.

Bahar is Saterdagmiddag met groot afwagting by sy nuwe tuiste verwelkom, maar ná sowat ‘n halfuur se probeerslae wou hy aanvanklik nie die bekendheid van sy vraghouer vir die nuwe kamp wat vir hom gebou is, verruil nie. Kyk hier na foto's van die tier en Lionsrock se fasiliteite.

Die tier, wat glo afkomstig is van ‘n werpsel wat tussen ‘n broer en suster geteel is, is gelukkig vroeg in sy lewe uit die kloue van tierhandelaars in Arabië gered. Miles sê hulle verwag om in die week ‘n leeu en tier, wat albei in verskillende dieretuine in Bulgarye aangehou is, te ontvang. Kliek hier om na `n video van Bahar te kyk.

7 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.8%
Rand - Euro
18.87
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.15
-5.1%
Palladium
1,622.22
-2.9%
Goud
1,865.54
-2.5%
Silwer
22.36
-4.7%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot