AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Tina gepak deur Openbare Beskermer

Me. Tina Joemat-Pettersson se versuim om openbare geld spaarsamig te gebruik is kommerwekkend, sê die OB.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se versuim om openbare geld spaarsamig te gebruik is kommerwekkend, het adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), Maandag (26 November 2012) gesê.

Madonsela het lede van die media op ’n byeenkoms van die Nasionale Persklub-sessie by die WNNR in Pretoria toegespreek.

Die OB het haar bevindinge oor vyf klagtes teen Joemat-Pettersson bekend gemaak.

Dié ondersoek spruit voort uit ’n klag wat deur dr. Lourie Bosman, die DA se voormalige skaduminister van landbou, ingedien is. Bosman het aangevoer dat Joemat-Pettersson paragraaf 2 van die Etiese kode van Uitvoerende hoofde en Seksie 96 (2)(b) van die Grondwet oortree het.

Hotelverblyf
Bosman se eerste klag hou verband met Joemat-Pettersson se verblyf in duur hotelle, terwyl sy gewag het dat die Departement van Openbare Werke haar offisiëleamptelike behuising in die Kaap en Pretoria opknap.

Die OB het bevind dat Joemat-Pettersson onder meer tussen 13 Junie 2010 en 11 Julie 2010 by die 28A On Oxford gastehuis in Sandton (Johannesburg) teen ’n departementele koste van R420 000 gewoon het. ‘‘Haar verblyf was gelyklopend met Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi en daarom is dit te verstane dat verblyf duurder as gewoonlik was,’’ sê Madonsella.

Joemat-Pettersson het verder by die Peermont D’Oreale Grande hotel gebly teen R8 085 per nag.  

‘‘Albei hotelle se koste was gewetenloos duur. Die minister se regverdiging, dat sy ekstra ruimte vir haar gesin nodig gehad het en geregtig is op gesinsgrootte verblyf is natuurlik verstaanbaar. Veral wanneer ’n mens die ongelooflike traagheid van die Departement van Openbare werke in ag neem,’’ sê Madonsela.

Madonsela sê Joemat-Pettersson se verdediging van onkunde is rede tot groot kommer. ‘‘Sy het ’n blanko tjek-houding teenoor openbare geld getoon. Haar versuim om openbare geld meer oordeelkundig aan te wend, kom neer op die roekelose gebruik van openbare geld en was oneties en onvanpas.’’

Om dié rede beveel Madonsella aan dat pres. Jacob Zuma Joemat-Pettersson ernstig moet teregwys in dié verband.

Swede
Nóg ’n klag wat Bosman teen Joemat-Pettersson gelê het, is dat sy in Desember 2009 Swede toe gevlieg het en die koste as ’n amptelike besoek teruggeëis het. Die OB het bevind dat Joemat-Pettersson wel tydens dié uitstappie talle amptelike vergaderings bygewoon het. Die besoek het wel met ’n gesinsvakansie geëindig, maar dié vakansie is kortgeknip, omdat Zuma haar na Suid-Afrika ontbied het oor staatsaangeleenthede wat dringende aandag vereis het.

Joemat-Pettersson moes inderhaas die gesin se vliegtuigkaartjies verander en op aanbeveling van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se hoof van personeel het sy die departement vir dié kaartjies laat betaal. Die twee kinders en hul oppasser se vliegkaartjies het R151 878 gekos.

Joemat-Pettersson het haarself verdedig deur te sê dat haar destydse hoof van personeel, me. Bafedile Bopape, gesê het dat dit in die haak is om dié geld van die Regering terug te eis.

Die waarnemende direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery is deur die OB gelas om te verseker dat dié R151 878 van Joemat-Pettersson verhaal word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot