Die Regering moet nou ophou om speletjies te speel en begin om landbou-voorligtingsbeamptes te produseer, het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Visserye en Bosbou, onomwonde gesê.
Sy het dié duidelike boodskap uitgestuur by die kwaartaallikse vergadering vir provinsiale ministers vir landbou (LUR’e) in Kaapstad.
Joemat-Pettersson het nie net die ANC-Regering, waarvan sy ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) is, aangevat nie, maar ook wetenskaplikes.
Gee dit vir georganiseerde landbou
Sy het het luidens ‘n verklaring gesê indien die Regering nie voorligtingsbeamptes kan produseer nie, dan het dit tyd geword om dit uit te kontrakteer aan die georganiseerde landbou, wat ‘n uitstekende rekord hiermee het.
Sy het aan die LUR’e gesê dat die hoofdryfveer in die Departement van Landbou, Visserye en Bosbou, tot die einde van die Regering se termyn werkskepping moet wees.
Sy het verder uitgelaat dat “die Regering in sekere gevalle met tegnokrate gevul is wat te behep is met regulasies as werk”.
Sy het wetenskaplikes ook geroskam. “Die Regering hoor baie keer van verskeie wetenskaplikes wat ‘nie gedoen kan word nie’ wat meebring dat te min of geen werk gedoen word nie wat ‘n impak op dienslewering het.”
Die wetenskap moet meer relevant wees om die sleutel-doelstellings aan te spreek, het sy gesê. Die voorkeure waarop nou in haar departement aandag moet kry, is voedselsekuriteit, toegang tot finansies, marktoegang, vaardigheidsontwikkeling en navorsing en ontwikkeling.
Lees ook: Kan voorligting uit as opstaan?
Voorligting kort nuwe leerplan
17 November 2010