AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Tina moet respek betoon

Me. Tina Joemat-Pettersson moet voor stok gekry word oor haar neerhalende opmerkings, het Cope se hoofsweep gesê.

’n Politieke party wil hê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, moet voor stok gekry word omdat sy voortdurend neerhalende opmerkings teenoor LP’s van opposisiepartye in die Nasionale Vergadering (NV) maak.

Joemat-Pettersson het vrae van LP’s in die NV oor haar departement se meganisasieprogram beantwoord.

Dit het verlede jaar aan die lig gekom dat trekkers wat in sommige provinsies aangekoop is om opkomende boere te help ongebruik staan, terwyl gemeenskappe dit nodig het om hulle lande te ploeg.

Me. Beryl Ferguson, Cope-LP, wou in ’n opvolgvraag weet of die trekkers en ander werktuie wat net rondstaan, geskik is vir die gebiede waarheen dit gestuur was en watter analise gedoen is om dit te bepaal.

Hierop het Joemat-Pettersson gesê dat dit blyk dat Ferguson nie die taal verstaan wat sy praat nie. “Ek het pas gesê dat ’n oudit gedoen word en wanneer die oudit gedoen is, sal ek die vraag kan beantwoord.”

Neerhalende aanslag
Me. Juli Killian, Cope-hoofsweep, het by die adjunkspeaker van die NV, me. Nomaindia Mfeketo, gekla dat sommige uitvoerende lede regtig hulle bes doen om vrae op ’n waardige manier te beantwoord, maar dat Joemat-Pettersson nie onder hierdie groep val nie. “Die afgelope paar weke het ons gesien dat die agbare minister Joemat-Pettersson neerhalend praat en sy het dit sopas weer met een van my lede gedoen.”

Killian het gesê sy dink nie haar houding is gepas nie, want al die LP’s dien die publiek en die uitvoerende gesag is verantwoordbaar aan die Huis. Vroeër het mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, die minister ’n snollygoster genoem en hy moes dié uitlating terugtrek. ’n Snollygoster is ’n politikus wat eerder gelei word deur persoonlike voordele as deur bestendigheid en respekteerbare beginsels.

Van Dalen het gesê die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye het nooit 'n verslag gekry oor die trekkers wat op die sportterein in Vrede in die Vrystaat staan en verroes nie en wat mnr. Salam Abram, ANC-LP, oopgevlek het. Hy het gevra dat Joemat-Pettersson inligting gee oor dié trekkers en ook dié wat in Nkandla uitgedeel is. Sy het gereageer dat sy sal antwoord sodra die volle oudit gedoen is.

Die meganisasieprogram het in 2010 begin en in die boekjaar 2010/’11 is R100 miljoen daarvoor begroot. Pres. Jacob Zuma het met die bekendstelling van die program gesê dit sal voortdurend gemonitor en geëvalueer word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.0%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.61
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,709.90
-0.2%
Silwer
20.68
+0.1%
Palladium
2,264.28
+0.1%
Platinum
924.50
-0.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot