AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Tina op verlof - oor stres?

Beweringe doen die ronde dat Minister Tina Joemat-Pettersson weens stres vir ’n maand siekverlof het.

“Sy is deur haar dokter vir brongitis afgeboek en herstel tuis tot sy gesond genoeg is om terug te gaan werk toe.” Dít is die reaksie van me. Palesa Mokomele, woordvoerder vir me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, op ’n verklaring van die Demokratiese Alliansie (DA) dat die Minister ’n maand “stresverlof” geneem het.

Luidens ’n verklaring sê me. Annette Steyn, verteenwoordiger vir die DA, hulle meen dat die Minister se siekverlof moet uitloop op ’n eerbare bedanking. Sy het verwys na verskeie personeelskuiwe en skorsings in die Departement, wat die party bekommer. Verder meen die party die Minister is nie geskik vir die pos nie, en dat sy die Departement die afgelope drie jaar stelselmatig afgebreek het.

Skorsings van personeel
Die jongste stappe wat die Minister geneem het ten opsigte van skorsings, is om mnr. Selby Bokaba, mediawoordvoerder, te skors weens beweerde oortredings van die Departement se tugkodes en -regulasies. Haar private sekretaresse is glo ook in die pad gesteek.

Die DA verwys na die skorsing van mnr. Langa Zita, direkteur-generaal, wat moontlik deur ’n goue handdruk gevolg kan word. Die party het ook vrae oor die skorsing van me. Sue Middleton, waarnemende adjunkdirekteur-generaal, wat volgens die party vir “geen rede nie” geskors is. Steyn sê die Minister sê Middleton het ’n tugverhoor gehad weens beweerde finansiële wanbestuur. “Maar daar was geen so ’n verhoor vir haar nie. Sy is terug by die werk, maar nie in haar oorspronklike posisie nie.”

Mokomele sê Bokaba se skorsing is in ooreenstemming met die Departement se tugkodes en -regulasies, en dat tugprosesse deur die Departement, en nie die Ministerie nie, gedoen word. Sy sê verder ’n ondersoek het Middelton aan finansiële wanbestuur skuldig bevind. 

Steyn sê sy het vrae aan die Parlement gestuur aangaande die stand van vakante bestuursposte in die Departement, en dat dié kwessie bygevoeg sal word tot die ondersoek wat die Openbare Beskermer tans doen oor die Minister se bestuur van haar Departement. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot