AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Tina se personeelhoof vort ná uitlatings

Mnr. Faizal Daniels, die hoof van personeel in die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery, het bedank nadat hy omstrede uitlatings op Facebook gemaak het.

Mnr. Faizal Daniels, die hoof van personeel in die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery, het bedank nadat hy omstrede uitlatings op Facebook gemaak het.


Daniels het uitlatings oor pres. Jacob Zuma, die ANC en ANC-LP’s gemaak, onder meer in verband met me. Lindiwe Mazibuko, DA-LP, se verkiesing tot die DA se parlementêre leier.


Daniels het onder meer Zuma en die ANC-LP’s as verstrooid en onordelik beskryf. In sy kommentaar oor Mazibuko se verkiesing tot parlementêre leier het hy dit duidelik gemaak dat die ANC nie weet hoe om die nuwe rol van Mazibuko te hanteer nie.


Mazibuko-kwessie

Mazibuko is die eerste swart en jongste parlementêre leier van die DA. Mazibuko word gesien as die DA se wapen om groot getalle stemme van jong swart mense vir die party te werf.


Daniels het geskryf dat dit vir die oudste bevrydingsbeweging op die vasteland een van die maklikste take moes gewees het om die Mazibuko-kwessie te hanteer, want sy is nog jonk.


“Maar die ANC in die Parlement is baie ver verwyderd van die koukus wat polities deur mense soos Max Sisulu en Toni Yengeni bestuur is. Deesdae voel elke dag soos ’n Sondag (met die hoofsweep wat op pad na een of ander bidsessie is) en die jonger LP’s wat maak asof die Parlement ’n sjebien is.”


Nuwe waarnemende hoof

Daniels wou nie kommentaar lewer oor waarom hy die uitlatings op die sosiale forum gemaak het nie. Hy het bevestig dat hy die ministerie verlaat het.


Mnr. Selby Bokaba, waarnemende hoof van personeel in die departement, het aan Landbouweekblad gesê dat Daniels Vrydag sy pos verlaat het.


“Hy het volle verantwoordelikheid vir sy uitlatings op Facebook aanvaar en aangebied om te bedank.” Minister Tina Joemat-Pettersson het die bedanking aanvaar.


Bokaba het ontken dat Daniels deur Joemat-Pettersson uitgeskop is.


7 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.1%
Rand - Euro
18.62
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,024.56
+1.3%
Palladium
1,669.70
+0.0%
Goud
1,914.88
+0.1%
Silwer
23.49
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot