
Luidens ’n mediaverklaring sê die departement die minister het die “Chevalier de l’Ordre du Mérite Agricole” van mnr. Bruno le Maire, die Franse minister van landbou, voedsel, visserye en landelike beleid ontvang.
Dié eer is aan haar toegeken vir die “diens wat sy aan die landbou lewer”, en dis spesifiek gemik op die aantal werksgeleenthede wat in 2011 en begin vanjaar in die landbou geskep is. Volgens Statistieke SA se kwartaallikse verslae oor werksgeleenthede is 656 000 werksgeleenthede in die landbou in die laaste twee kwartale van verlede jaar en die eerste kwartaal van vanjaar geskep. Die departement se arbeidsyfers het sedert die 1970’s glo jaarliks verliese aangeteken.
Betroubaar
Agri SA en die TLU SA die minister met dié prestasie gelukgewens. Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder van Agri SA, sê daar hang vraagtekens oor die geldigheid van dié syfers “hoewel Statistieke SA ’n betroubare bron is.”
Maree sê volgens die minister is dié werksgeleenthede grootliks in kleinboere se bedrywe geskep, maar die boodskap wat Agri SA vanaf grondvlak kry, is dat al hoe minder werksgeleenthede op plase beskikbaar is. “As ons luister na wat in die veld gebeur, word werksgeleenthede ál minder.”
Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA, sê gegrond op die statistiek wil hulle vir die minister sê welgedaan. Hy sê dit is belangrik vir die land dat dié bedryf, maar ook al die ander bedrywe, goed vaar.