AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

TLU SA: Alle plaasaanvalle moet gelyk geag word

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Aangesien 25 mense al vanjaar op plase vermoor is, is dit moeilik om nie afleidings te maak nie nadat me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, vroeër hierdie week haar skielik oor ’n plaasmoord uitgespreek het, sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

Volgens die voorvalleregister wat TLU SA sedert 1990 byhou, was daar vanjaar reeds 153 plaasaanvalle waartydens 25 mense vermoor is, maar Didiza het bitter min daaroor te sê gehad. Sy het wel vandeesweek haar skok uitgespreek nadat ’n gesin van vyf op die plaas Toekoms buite Harrismith in die Vrystaat vermoor is.

Geldenhuys lig verder uit dat lt.genl. Semakaleng Manamela, polisiehoof van Mpumalanga, gesê het hulle sal nie rus voordat die verdagtes wat ’n swart veiligheidswag op ’n plaas naby Brondal buite Mbombela doodgeskiet het, agter tralies is nie.

“Dit is baie moeilik om nié die afleiding te maak dat die minister en haar kollegas moord van sekere mense belangriker as ander ag nie. Het rassebevoordeling nou ook al ’n plek gevind in die veroordeling van misdaad?

“Elke plaasaanval of -moord is ontstellend, onnodig en onaanvaarbaar. Didiza moet elke aanval in die openbaar veroordeel en geen steen onaangeraak laat om die aanvallers aan te keer nie. Die minister en haar kollegas moet alle Suid-Afrikaners gelyk behandel – soos wat die Grondwet bepaal.”

Volgens hom is die eintlike kwessie dat daar nie genoeg gedoen word om die veiligheid van Suid-Afrikaners van alle rasse te beskerm nie.

“Volgens die polisie het 11 703 lede die polisie die afgelope vier jaar verlaat. Dit beteken dat elke polisielid verantwoordelik is vir 200 mense. Die polisiëringbegroting is tydens die mediumtermyn-uitgaweraamwerk besnoei en dit wat oorbly, word wanbestee deur moedswilligheid en gierigheid.

“Dit is duidelik dat die beveiliging van Suid-Afrikaners nie vir die regering ’n prioriteit is nie. Die onlangse kabinetskommeling was die ideale geleentheid om die onderpresteerders en onbekwame lede van die uitvoerende gesag te verwyder, maar dit blyk dat die skommeling meer van ’n politieke posisionering as enigiets anders was.”

Hy sê TLU SA doen steeds ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om mnr. Bheki Cele, minister van polisie, af te dank en die departement van polisie van bo af skoon te maak sodat bekwame mense aangestel kan word.

Die publiek kan TLU SA se veldtog om Cele te laat afdank, steun deur https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/ te besoek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.17
+0.0%
Silwer
20.80
+0.7%
Palladium
2,265.00
+0.1%
Platinum
928.00
+0.3%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot