AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

TLU SA: Gesukkel met Staatskoerant skep groot probleme

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Alani Janeke
TLU SA is bekommerd dat die Staatskoerant nie tans gratis beskikbaar is nie.

Die gesukkel met toegang tot die Staatskoerant se webtuistes kan groot probleme vir die landbou skep omdat belangrike inligting, regulasies en wetgewing daarin afgekondig word.

Luidens ’n verklaring van TLU SA het hy onlangs bewus geraak van die probleme by die Staatskoerant en is daar groot kommer oor wanneer die publikasie weer gratis beskikbaar sal wees, gegewe die belangrik rol wat dit vervul. “Dit is ’n aangeleentheid wat al geruime tyd ongesiens verbygaan, maar tog elke inwoner in die land raak,” sê me. Erika Helm, voorsitter van die TLU SA se komitee vir plaaslike regering.

Baie aangeleenthede wat ’n impak op die daaglikse bedrywighede van die landbou het, word in die Staatskoerant afkondig om dit wettig te maak. Die Staatskoerant word uitgegee deur die Staatsdrukkery en toegang tot hierdie inligting was altyd gratis deur twee webtuistes. Die een webtuiste publiseer sedert verlede jaar nie meer die Staatskoerant nie, en sedert 28 Januarie 2022 kan inligting nie meer op die ander gratis bekom word nie.

Dit is vir TLU SA baie belangrik om deurentyd op hoogte te wees van sake wat ’n impak op die landbou sal hê sodat die inligting so gou en volledig moontlik aan lede deurgegee kan word. Sake wat prioriteit geniet, is onder meer grondeise en regulasies van plaaslike regerings.

“Ek het die Staatsdrukkery probeer bel en daar is nie antwoord nie. Een van my kollegas het ook vergeefs probeer. Ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Wet 3 van 2000) het enigeen die reg om te reageer op ’n administratiewe aksie wat hom of haar raak.

“As die Staatsdrukkery nie die Staatskoerant beskikbaar stel nie, ontneem dit die inwoners van hierdie geleentheid. Die wetgewing bepaal daar moet spesifieke stappe gedoen word om die inligting beskikbaar te stel. Dit is onbillik en onregverdig om enige inligting wat ’n gebruiksreg daargestel het dat dit beskikbaar is teen geen koste nie, nou teen koste af te dwing.”

Weens die situasie word gevrees dat die vertragings in grondtransaksies groot druk op die landboubedryf sal plaas. Dit is ’n groot probleem omdat grondtransaksies weens wetgewing vertraag word.

Ernstige situasie

Helm voeg by: “Ek beskou hierdie as ’n baie belangrike aangeleentheid aangesien die regering wetswysigings kan deurvoer sonder dat ons die geleentheid gegun word om kennis daarvan te neem of om daarop te reageer. Die mense besef nie hoe belangrik hierdie inligting is nie. Dit moet definitief aangepak word dat die regering nie sy plig teenoor die inwoners van die land nakom nie. Die Grondwet bepaal duidelik in paragraaf 32 van die Handves van Regte dat elkeen die reg het tot inligting wat deur die staat gehou word en enige inligting wat benodig word in die uitvoering of beskerming van enige regte.”

Volgens Helm moet die staat verduidelik watter regstellende stappe sal gedoen word en hoe lank dit sal duur. “Die staat moet ook in kennis gestel word dat die inligting wat nie aan die publiek beskikbaar was nie, nie deel sal uitmaak van enige tydperk of geleentheid wat gegun moet word waarin enige persoon sy regte kan uitoefen nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
-0.2%
Rand - Pond
21.04
+0.3%
Rand - Euro
18.76
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,009.61
-0.2%
Palladium
1,654.31
-0.9%
Goud
1,952.80
+0.1%
Silwer
24.28
+1.3%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,610
-0.2%
Alle aandele
79,744
-0.1%
Hulpbronne 10
74,710
-0.6%
Industriële 25
102,634
+0.1%
Finansiële 15
16,505
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geskei, soek vriende, wat van 'n roadtrip iemand.???
Wel ek is baie rustigge mens, ek rook nie, ek drink nie, ek is gelukkig om net by my huis te wees, braai en lekker kuier, bosveld is my ding. Roadtrip enige iemand. ??
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot