AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

TLU SA: Koste, rompslomp kniehalter ekonomiese groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Die regering voer aan dat hy ekonomiese groei wil aanmoedig, maar dit word nie weerspieël in hoe sake op grondvlak verloop nie, meen TLU SA.

Hoewel pres. Cyril Ramaphosa sê dit moet vir Suid-Afrikaners makliker wees om besigheid te doen om ekonomiese groei aan te wakker, word dié siening nie weerspieël in wat op grondvlak gebeur nie, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Ter voorbeeld verwys hy na een van dié organisasie se lede by Bronkhorstspruit wat agt hoenderhuise van 2 227 m² wil oprig, maar R19/m² aan die stadsraad moet betaal net om sy bouplanne in te dien vir goedkeuring.

“Dit is ’n belaglike bedrag vir die goedkeuring van ’n leë struktuur net om te kan produseer ten einde aan die behoefte van die voedselproduksieketting te voldoen. Dit is ’n voorbeeld van hoe plaaslike regering die doen van besigheid belemmer. Dié boer moet R338 500 betaal om deur hierdie proses te gaan en dan is daar nog die koste van oprigting, infrastruktuur en produksiemiddele.

“Wat Ramaphosa wil hê, is beslis nie wat op grondvlak gebeur nie. Dié stand van sake is gewis nie ’n stimulus vir enigiemand om in produksie te gaan om voedsel te produseer nie.”

Mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, verwys verder na die koste as ’n boer sy plaas wil verkoop. “Die beginsel geld ook as grond verkoop word. Die boer moet dan vir elke struktuur ’n plan – opgetrek deur argitek – indien vir goedkeuring en daaraan is koste verbonde. Die landbou is noodsaaklik vir die ekonomiese groei van Suid-Afrika, maar om elke hoek en draai word dit vir boere moeilik gemaak.”

Om formeel besigheid te doen, behels volgens hom om deur baie regulerende rompslomp te werk. Volgens die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (Wet 16 van 2013) moet die aansoeker om ’n formele besigheidslisensie die ontwikkeling en verwante koste dra en soms ’n boete betaal as daar weens waninligting nie aan alle aspekte voldoen word nie, dit alles om net tot ekonomiese ontwikkeling by te dra.

“Die wet verwys spesifiek na die rol van die private sektor om ontwikkeling te bevorder met die oog op werkskepping en voedselsekerheid. Dit lyk egter asof hierdie boodskap nie by munisipaliteite uitgekom het nie in die lig van die uitermatige finansiële struikelblokke wat ontwikkeling kniehalter,” sê Geldenhuys.

“Die ruimtelike beplanningsproses moet toeganklik wees vir alle gemeenskappe om by te dra tot die ontwikkeling sodat die ekonomie bevorder word. Die inkomste wat ’n munisipaliteit daaruit wil verkry, moet dringend aandag kry aangesien ontwikkeling die hoeksteen van ’n munisipaliteit se diens teenoor ’n gemeenskap is.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.3%
Rand - Pond
19.42
-0.2%
Rand - Euro
17.41
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,645.90
+0.2%
Silwer
18.97
+0.5%
Palladium
2,077.50
+0.2%
Platinum
866.00
+0.9%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,333
+0.4%
Alle aandele
63,648
+0.4%
Hulpbronne 10
56,308
-0.0%
Industriële 25
79,499
+1.4%
Finansiële 15
14,005
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot