
Die TLU SA het ’n voorlegging by die Menseregtekommissie voorgehou oor die MRK se ondersoek na veiligheids- en sekuriteitsuitdagings in landbougemeenskappe.
Genl.-maj. Chris van Zyl, assistant-hoofbestuurder van die TLU SA, onder andere belas met landelike veiligheid, het die voorlegging te maak by die Menseregte Kommissie se ondersoek na veiligheids- en sekuriteitsuitdagings in landbougemeenskappe.
’n Volledige beskouing van TLU SA se standpunte, asook volledige statistiek soos TLU SA dit byhou, is aan die MRK geopenbaar. Die TLU SA se dokument is in die aanhangsel hieronder aangeheg.