AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

TLU SA vat departement aan oor besoedelde water

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie moet Suid-Afrika se waterbronne herstel of private instellings aanstel om die werk gedoen te kry, sê mnr. Steven Vermaak, voorsitter van TLU SA se omgewingsbewaringkomitee.

Die departement het in sy 2019-meesterplan vir water en sanitasie aangedui 56% van die 1 150 munisipale rioolaanlegte en 44% van die 962 watersuiweringsaanlegte was in swak of kritieke toestand. Volgens die meesterplan was 11% heeltemal disfunksioneel.

Die verval van watersuiweringsaanlegte as gevolg van munisipale korrupsie, wanbestuur en onkundige personeel word hiervoor geblameer, voer Vermaak aan. Voorts word riviere en damme erg besoedel as gevolg van swak behuising weens armoede en besoedelaars wat nie vervolg word nie.

Vermaak sê die swak gehalte van Suid-Afrika se water hou nie net ’n risiko vir die beskikbaarheid van drinkwater in nie, maar ook vir die volhoubaarheid van die landbou.

“Hoe meer stedelike waterbronne besoedel raak, hoe verder word daar in landbougrond se water gedelf om skoon water te kry. Hoe minder landbougrond skoon water het, hoe minder volhoubaar is die landbou en hoe meer plase word verkoop. Hoe minder kommersiële boere landbouprodukte verskaf, hoe minder voedsel is daar in die land beskikbaar. Suid-Afrika stuur op hongersnood af.”

TLU SA het daarom met ’n veldtog begin om die swak watergehalte reg oor die land onder die regering se aandag bring.Suid-Afrikaners word aangemoedig om ’n foto van vuil water in hul omgewing vir TLU SA te stuur. Hierdie foto’s sal deel uitmaak van ’n verslag aan die departement en die regering.

“Ons is hoopvol dat die Blou- en Groendruppelprojekte weer stadigaan aan die gang kom. Een van die primêre take van die departement, ingevolge die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998), is om die publiek ingelig te hou oor die gehalte van rivier- en kraanwater. Dit is onmoontlik om die probleem op te los as die departement nie eers weet wat die omvang daarvan is nie.”

Volgens Vermaak moet die minister ook alle betrokkenes in die waterwaardeketting reguleer, maar sy slaag nie daarin nie.

TLU SA dring op die volgende aan:

• Dat die status van waterbronne en die omvang van herstelwerk bepaal word.

• Dat bevoegde, ervare persone by munisipaliteite en waterowerhede aangestel word wat begrip het vir die probleem en vinnig kan optree.

• Dat daar ingevolge bestaande wetgewing opgetree word teen diegene wat waterbronne besoedel en onder meer onverwerkte riool in damme en riviere stort.

• Dat die waternavorsingkommissie verantwoordelik gehou word vir die uitvoer van sy mandaat.

Vermaak sê daar sal uiteindelik ’n ultimatum aan die regering gestel word om Suid-Afrika se waterbronne teen ’n sekere tyd te herstel. “Indien die regering hierdie taak nie kan baasraak nie, sal ons daarop aandring dat private instellings die werk oorneem.”

Besoek https://tluveldtogte.co.za/watersake/ of stuur jou foto’s per WhatsApp aan 060 735 3557 om die veldtog te steun.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
-0.1%
Rand - Pond
19.97
-0.1%
Rand - Euro
17.58
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,667.43
+0.4%
Silwer
19.07
+1.3%
Palladium
2,207.00
+0.1%
Platinum
872.00
+0.5%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,358
+0.8%
Alle aandele
63,654
+0.6%
Hulpbronne 10
60,562
+1.3%
Industriële 25
77,099
+0.4%
Finansiële 15
13,777
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot