Die nuwe waterlisensie sal gebruik word deur Maluti Asparagus Company (MAC) word, wat ’n vennootskap is tussen Kabo Moratoa Enterprise, ’n nuwe-era-landboumaatskappy, mnr. Francois Crause, ’n ervare kommersiële boer, en Fresh to Go, ’n gevestigde varsprodukbemarkingsmaatskappy wat verskeie slaaireekse aan Woolworths lewer.
Mnr. Orapeleng Mocumi, hoofbestuurder van Maluti Farming PALS, sê die uitreiking van die lisensie bring sekerheid vir die projek. Daar kan dus met ’n geruste hart daarin belê word.
Die staat het die betrokke plaas reeds in 2008 vir grondhervorming bekom, maar dit het jare later geblyk die lisensie is destyds nooit nie na die nuwe gebruiker oorgedra nie.