Die erns wat bek-en-klouseer inhou, het weer op die voorgrond getree. In Engeland het die siekte ernstiger afmetings as ooit tevore aangeneem en die ganse veestapel word deur uitwissing bedreig, skryf DOKTER BOER.
In Suid-Afrika het dit ’n vol- donge feit geword dat die Krugerwildtuin ensoöties besmet is en dus altyd ’n bedreiging sal inhou vir aangrensende boerderygebiede en die land as geheel. Daar het trouens reeds op verskeie plekke buite die park uitbrekings voorgekom en daar moet wal gegooi word.
Verder moet ons gedurig op ons hoede wees omdat ons uitgestrekte grense te eniger tyd bedreig kan word. Bek-en-klouseer in ons land met sy warm, droë klimaat is ’n betreklik ligte siekte. Indien dit toegelaat sou word om sy gang te gaan, sal dit betreklik vinnig sonder noemenswaardige lewensverlies versprei.