Die inwoners van Die Hel is nou wel in staat om padlangs na hul tuiste aan te stryk nadat die pad vir hulle daarheen deur die Kaaplandse provinsiale administrasie gebou is, maar dit is nie te vergelyk met die prestasie van ’n handjie vol boere in die Oos-Kaap wat op eie koste ’n kortpad boontoe gemaak het nie.
Die bou van die Saalboompad oor die ontsagwekkende Drakensberge tussen Bark- ly-Oos en Elliot deur hierdie handjie vol boere is een van die merkwaardigste prestasies van padbou in die geskiedenis van Suid-Afrika.
’n Tiental boere van Saalboom het kort ná die Tweede Vryheidsoorlog ’n gangbare pad oor die Saalboomnek deurgesukkel, 7 myl (11,3 km) lank oor die Drakensberge van 10 000 voet (3 048 m). Hulle het self met pik en graaf gewerk en binne drie jaar van ongelooflike uithouvermoë die pad rybaar gehad.