AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Toekoms mooi vir uitvoer van wildsvleis

Suid-Afrika kan in die afsienbare toekoms een van die wêreld se boonste uitvoerders van wildsvleis word.

Dr. Flippie Cloete, navorser verbonde aan die Universiteit van Noordwes, het tydens Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) se jaarkongres by Sun City gesê dat die land tans oor ’n wildbevolking van sowat 18,6 miljoen beskik, met sowat twee miljoen diere wat per jaar geoes word.

“Twee miljoen diere per jaar word deur die sogenaamde biltongjagters gejag, 45 000 diere word as trofeë gejag, en ’n verdere sowat 60 000 diere word vir die grootmaatmark geskiet. Dit laat oorgenoeg wild oor wat vir uitvoermarkte bestem kan word,” het Cloete gesê.

Hy meen dat die aanwas van wild in Suid-Afrika 15% oor die volgende twee jaar sal beloop, wat wildgetalle met 700 000 sal laat toeneem. Dit beteken dat wildgetalle die 20 miljoen-kerf dan sal oorsteek.

“Daar is dus genoegsame voorraad om in die aanvraag na wildsvleis te kan voorsien,” het hy gesê. Cloete meen dat ontwikkelde lande nie die wildbedryf se voorkeurmark moet wees nie, omdat dié lande reeds deur ander lande soos Nieu-Seeland van wildvleis voorsien word, maar dat daar eerder na Afrika as moontlike afsetgebied gekyk moet word.

“Uit die top 20 bestemmings vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse rooivleis, hetsy vars of bevrore, is 12 in Afrika gesetel en het gedurende 2014 sowat R400 miljoen verdien. Die wildvleisbedryf het hier ’n geleentheid om betrokke te raak en ’n sterk rolspeler in die bedryf te word.

“Met verstedeliking en ’n groeiende middelklas gaan die vraag na vleis binne die afsienbare toekoms sterk styg en daar word verwag dat die diskresionêre bestedingskrag van Afrikane teen 2020 met $200 miljard gaan styg,” het Cloete gesê. “Hierdie verbruikers gaan van ’n stysel-dieet na ’n proteïen-gebaseerde dieet oorgaan en die wildbedryf kan groot voordeel hieruit trek,” het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot