AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Toekoms van Rooibosraad in gedrang

Verhoudings tussen boere wat rooibostee produseer, versuur glo ná ’n besluit geneem is teen die instel van statutêre heffings.

Die toekoms van die Rooibosraad is onseker nadat boere teen die instelling van 'n statutêre heffing gestem het.

Luidens 'n berig in Landbouweekblad in 2013 sou die Rooibosraad se geld teen die einde van 2013 uitgeput gewees het as 'n alternatiewe finansieringsmodel nie gevind kon word nie. Sekere verwerkers is ook ongelukkig omdat hulle meen dat té veel mense op ander se rug ry met vrywillige heffings.

Mnr. Martin Bergh, besturende direkteur van Rooibos Bpk., sê dat die Rooibosraad nie ontbind is nie: “Dit is ’n Artikel 21-maatskappy en sal, indien die rolspelers ooreen kan kom, waarskynlik steeds algemene sake hanteer, soos ten opsigte van geografiese aanwysers en die interaksie met die staat. Dit sal egter nie meer produksienavorsing doen nie.”

Intussen het die produsente wat in Rooibos Bpk. se komitee vir produksienavorsing dien, ’n Rooibosprodusente-navorsingskomitee gestig om navorsing voort te sit. Dié navorsing sal deur Rooibos Bpk. befonds word. Die komitee sal besluit wat die behoeftes van produsente is en dit aan navorsers kommunikeer. “Navorsing is belangrik want dit bevorder die volhoubaarheid van die bedryf in sy geheel.”

Sal eerste toegang kry
Mnr. Willie Nel, voorsitter van die nuwe komitee, het gesê nuwe voorkeure is reeds bepaal waarmee aangegaan sal word. Nel en Bergh het daarop gewys dat lede van Rooibos Bpk. eerste toegang sal hê tot inligting wat met proewe ingewin word: “Ons kan egter nie mense verbied om met mekaar te praat nie en alle navorsing sal gepubliseer word. Daar sal maar altyd rugryers wees – maak nie saak in watse bedryf jy beweeg nie,” het Nel gesê.

Mnr. Willem Engelbrecht, wat in Februarie bedank het as die voorsitter van die Rooibosraad, is hartseer oor hoe dinge uitgedraai het: “Dit voel vir my asof mense nie besef hoe belangrik dit is om saam te werk nie. Ons moenie teen mekaar baklei nie, ons kompetisie is eerder die koffie- en chamomile-vervaardigers.”

Hy het bygevoeg dat daar wel produsente buite Rooibos Bpk. is wat wil help betaal aan die navorsing:  “Die probleem is egter dat Rooibos Bpk. en sy produsente die navorsing en wie toegang daartoe het, wil beheer. Ek en baie ander verwerkers se produsente sal elkeen ons bydrae maak, maar dan wil ons ook seggenskap en toegang tot die navorsing hê.”

Die situasie is, volgens Engelbrecht, besig om verhoudings in die bedryf te versuur: “Hoe kan verwag word dat die bedryf in sekere rolle moet saamstaan, maar in ander sien ons mekaar as ’n bedreiging. Dit is beslis nie ’n volhoubare situasie nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot