AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Toerisme-agentskap herbesin oor forelpermitte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Forel. Foto: Jasper Raats
Forel. Foto: Jasper Raats
Die dreigement van ’n hooggeregshofsaak het die Mpumalanga-parke-en-toerisme-agentskap (MPTA) laat afsien van sy planne om die hele provinsie se forelbedryf te dwing om maandeliks om aanhoudingspermitte vir dié spesie aansoek te doen.

Die provinsiale departement van omgewingsake het vroeër vanjaar sonder waarskuwing of konsultasie besluit om weg te doen met jaarpermitte vir die vrylaat van forelle in private damme en sommer van meet af aan gewaarsku dat dit twee tot drie weke sou duur om aansoeke te verwerk. Boonop sou boere en eienaars van hengelbestemmings nie toegelaat word om vooruit aansoek te doen om permitte nie.

Toe dit duidelik word dat die noordelike forelvereniging (NTA), wat intussen die hulp van die menseregteprokureur mnr. Richard Spoor ingeroep het, gereed is om die hof te nader, het die MPTA vinnig weggedoen met die aandrang op maandelikse aansoeke. ’n Permit vir die volgende 12 maande gaan egter R1 200 kos aangesien die provinsiale ordonnansie ’n maandpermit van R100 per maand bepaal.

“Ons het al sedert 2014 vir die MPTA daarop gewys dat daar ’n drukfout op die permit is wat aandui dat dit R100 per maand beloop pleks van R100 per jaar. Ons pleidooie het op dowe ore geval en die permitte is vir ’n jaar uitgereik ondanks die drukfout totdat die departement se ouditeurs onlangs tydens ’n interne oudit hieroor navraag gedoen het. Dit is toe dat ons sommer kennis kry dat ons voortaan maandeliks sal moet aansoek doen,” sê mnr. Stephan van der Merwe, die NTA se voorsitter.

Die MTPA het onderneem om nou by die provinsiale wetgewer aansoek te doen dat die ordonnansie gewysig word dat daar van 2023 af weer net R100 betaal word vir ’n jaarpermit, maar tot dan moet boere eenmalig vir die huidige 12 maandpermitte vooruit betaal.

’n Werkbare voorstel

Intussen onderhandel die NTA saam met die forelhengelfederasie (Fosaf) en Trout SA op nasionale vlak vir die wegdoen met permitte vir die aanhouding van forel in ’n sogenoemde groen sone. In Mpumalanga verwys die MTPA na hierdie groen sone waarop al in die 2015-’16-boekjaar ooreengekom is as die forelhengelsone. Die gebiede waar forel al dekades lank in private damme en hooggeleë dele van riviere voorkom, is na aanleiding van ’n Phakisa-ooreenkoms in 2014 op kaarte aangebring en aanvaar deur provinsiale departement se wetenskaplikes en raadgewers. Die forelbedryf het destyds meer as R200 000 vir die optrek van die kaarte betaal.

Forel wat in Suid-Afrika vir kommersiële doeleindes aangehou word, kan net in matige tot koel klimaatstreke oorleef. Om natuurlik aan te teel, moet dit toegang hê tot geskikte stroombodems in lopende water wat in die winter afkoel tot onder 15 oC. Dít beperk die spesie se vermoë om buite die groen sones te versprei en soos ander vis- en dierspesies ’n plaag te word.

Fosaf sê die departement van omgewingsake, bosbou en visserye hou nie by die Phakisa-ooreenkoms nie en daarom het die organisasie min. Barbara Creecy voor die hof gedaag nadat sy forel tot indringerspesie verklaar het. Fosaf het die saak met koste gewen, maar Creecy het appèl aangeteken. Daar word verwag dat die hof binnekort oor haar appèlaansoek uitspraak sal lewer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot