AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9479
0,00
CORN
27 Jan
-
4568
0,00
SOYA
27 Jan
-
9642
0,00
SUNS
27 Jan
-
12400
0,00
WEAT
27 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
27 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
27 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Tongaat Hulett: Planne steeds gemaak om skuld te delg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tongaat Hulett verkoop sy suikerbedrywighede in Eswatini. Foto: Verskaf
Tongaat Hulett verkoop sy suikerbedrywighede in Eswatini. Foto: Verskaf
Tongaat Hulett oorweeg dit om van sy bedrywighede buite die grense van Suid-Afrika ontslae te raak.

Die suikerreus wat swaar dra aan skuld van ongeveer R6,3 miljard wat sy Suid-Afrikaanse bedrywighede betref, hou nie op met planne maak om van dié berg skuld ontslae te raak nie.

Tongaat Hulett het Donderdag in ’n handelsverklaring aangedui goeie vordering word gemaak met sy skuldherstruktureringsplan en stappe om die maatskappy in bedryf te hou.

Die voorgestelde planne kan beteken Tongaat Hulett gaan van al of sommige van sy bedrywighede elders in Afrika ontslae moet raak. Tongaat Hulett het belange in Zimbabwe en Mosambiek. Sy meulens in Mosambiek presteer goed, maar produksie in Zimbabwe is nie op die oomblik goed nie.

Die groep se totale netto skuld wat Mosambiek en Zimbabwe insluit, staan nou op R7,6 miljard teenoor R6,6 miljard in 2021, luidens die handelsverklaring.

“Die vermoë van die Suid-Afrikaanse bedrywighede om selfstandig as genoteerde entiteit voort te kan gaan en die vermoë om die nodige herbelegging wat nodig is om volhoubaar te wees op lang termyn te verseker, is van die sleuteloorwegings wat in ag geneem word met die moontlikheid om van Afrika-bedrywighede ontslae te raak,” luidens die verklaring.

Planne beraam

Mnr. Gavin Hudson, uitvoerende hoof van Tongaat Hulett, sê daar is vordering met die omkeerplan wat die direksie teen einde September onder oë moet kry.

“Ons het die groep se behoeftes vir korttermyn-likiditeit aangepak en werk daaraan om die leningsfasiliteit as ’n saak van erns te uit te brei.”

Luidens die verklaring sal die R600 miljoen-leningsfasiliteit wat met ’n Suid-Afrikaanse lenersgroep aangegaan is, tot 30 September van krag bly, maar onderhandelinge om dit te vergroot duur voort en sal onderhewig wees aan kredietgoedkeuring.

Tongaat Hulett hoop om die R600 miljoen te verhoog tot R750 miljoen en die fasiliteit te verleng tot aan die einde van die 2023-boekjaar.

Vir dié plan om te werk, moet die direksie eers die herstruktureringsplan goedkeur.

Daar is ook onderhandelinge aan die gang oor moontlike finansiering van ander leners buiten die huidige lenersgroep vir nóg R750 miljoen.

“As dié twee onderhandelinge suksesvol is, sal die maatskappy genoeg likiditeit hê vir die 2023-boekjaar om sy Suid-Afrikaanse bedrywighede voor te sit,” luidens die verklaring.

Vordering met skuld

Die voorlopige herstruktureringsplan is einde Julie aan die direksie en leners voorgelê vir goedkeuring met ’n voorgestelde plan wat op 31 Augustus aan die leners gegee is. Volgens voorwaardes van die leningsfasiliteit moet daar teen 23 September ’n herstruktureringsplan wat deur die direksie aanvaar is, beskikbaar wees.

Dié plan moet uiteensit wat beoog word met die skuld van R6,3 miljard.

Van die ander moontlikhede wat die plan uiteensit, is in ’n kapitaalinspuiting vanaf strategiese vennote in die groep.

Laer plaaslike produksie

Luidens die verklaring het die plaaslike vraag na suiker skerp toegeneem met ’n goeie toename van sy markaandeel wat kon help om die 8%-vermindering in sy algehele suikerproduksie teen te werk.

Die vermindering in produksie is volgens Tongaat Hulett grootliks weens die swak prestasie van landboubedrywighede in Zimbabwe en onbevredigende vertonings van meulens in Suid-Afrika.

Die groep se Mosambiekse suikerbedrywighede het egter uitstekend presteer.

“Die begin van Mosambiek se seisoen is wel deur swaar reën geraak, maar die suikermeulens toon vordering om op te vang met verlore kapasiteit en dié bedrywighede vertoon gunstig,” sê Hudson.

“Dit is goed om te sien ons meulens is goed op dreef en presteer beter as die vorige jaar ten spyte van die vloede in KwaZulu-Natal en laer sukrosevlakke weens reën. Dit is ook danksy ons instandhoudingsprogram vir geoeste suikerriet. Suiker- en dierekosprodukte presteer ook goed.” 

Steeds geen finansiële resultate

Die groep kon nog nie sy jaarresultate vir die 12 maande tot einde Maart vanjaar uitreik nie en die JSE het in Julie sy notering daarom tydelik opgeskort.

Die maatskappy verwag ’n wesensverlies per aandeel van tussen 676c en 632c. Dié verlies was 440c in 2021.

Die uitreiking van die 2022-resultate sal afhang van die goedkeuring van die herstruktureringsplan waarna die maatskappy die JSE sal nader om verhandeling weer toe te laat.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Lief vir die lewe
Baie lief vir die natuur, Hou van besig wees en om aktief te wees in sport. Neem fotos van die natuur, diere en alles wat vir my mooi is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot