AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tongaat Hulett: Rietkwekers beroep hulle op president, minister

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers het ’n dringende beroep op pres. Cyril Ramaphosa en leiers in die landbousektor gedoen om in te gryp by die sakeredding van Tongaat Hulett.

Meer as 4 300 produsente en 14 642 plaaswerkers het nog geen betaling ontvang vir suikerriet wat hulle in September onder meer aan die Felixton-, Amatikulu- en Maidstone-meule in KwaZulu-Natal gelewer het nie.

Die produsente word meer as R400 miljoen geskuld.

Sedert Tongaat Hulett se aankondiging dat hy sy plaaslike bedrywighede in sakeredding plaas, het hy toegang tot al sy bankrekeninge verloor en daarom kan produsente nie betaal word nie. Einde November sal ’n verdere R345 miljoen verskuldig wees vir meer as 570 000 ton suikerriet wat in Oktober gelewer is.

Van die 4 300 produsente wat deur die wanbetaling geraak word, is meer as 4 000 kleinskaalse produsente wat ’n ernstige finansiële knou gekry het.

Die geraamde 14 642 poste wat geraak word, sluit nie kontrakteurs, vervoerders, insetverskaffers, meulwerkers en ander diensverskaffers regdeur die waardeketting in wie se uitbetalings ook deur die huidige krisis geraak word nie.

Die organisasie het ’n dringende vergadering versoek met Ramaphosa, me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging.

Hy sê die bedryf sal nie kan oorleef sonder finansiële bystand van die regering nie.

In ’n verklaring sê die SA Suikerrietkwekers hy is daartoe verbind om met belanghebbendes in die bedryf saam te werk om die meer as miljoen mense wie se lewensbestaan deur die sakeredding bedreig word, te beskerm.

Die SA Suikerrietkwekers het gister (3 November) vergader met die sakereddingspraktisyns wat deur Tongaat Hulett aangestel is.

Hy was optimisties dat die noodsaaklikheid van staatsingryping beklemtoon sou word om te verseker dat Tongaat Hulett se produsente sal oorleef terwyl die sakereddingsproses voortduur. 

Intussen het die sakereddingspraktisyns vandag met werknemers vergader, soos wat volgens maatskappye- en arbeidswetgewing vereis word. Luidens 'n verklaring kan die praktisyns aandui dat die werknemers se regte beskerm word gedurende die sakereddingsproses. Die praktisyns sal op 8 November met die maatskappy se krediteure vergader. 

  • Vyf van Tongaat Hulett se nie-uitvoerende direkteure het intussen summier bedank. Tongaat het aangekondig die vyf voel die rol wat hulle tydens die sakereddingsproses kan speel, is "uiters beperk" en hulle het gevolglik bedank. Die vyf is Andile Sangqu, David Noko, Louisa Stephens, Robin Goetzsche en Graham Clark.  

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.2%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,772.54
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,856.90
-1.1%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot