AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tongaat: Suikerrietboere nog nie betaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tongaat produseer meer as 50% van die land se verwerkte suiker. Foto: Verskaf
Tongaat produseer meer as 50% van die land se verwerkte suiker. Foto: Verskaf
Suikerrietkwekers wag nog vir hul betaling vir riet wat hulle aan Tongaat Hulett gelewer het.

Tongaat Hulett en die maatskappy se nuut aangestelde sakeredders, Metis Strategic Advisors, het teen Dinsdagoggend die amptelike spertyd misgeloop om produsente te vergoed vir hul vragte suikerriet wat gedurende September gelewer is.

“Sowat 14 600 mense se werk is nou in gedrang as gevolg van die betalings wat nie gemaak is nie,” waarsku mnr. Andre Russell, voorsitter van die Suikerrietkwekersvereniging. “Die Suikerrietkwekersvereniging gaan Woensdag hieroor met die sakeredders van Tongaat Hulett vergader.”

Volgens hom het die sakeredders reeds Maandag met verteenwoordigers van die kwekers vergader om te gesels oor die moontlike gevolge van Tongaat Hulett se besluit om vrywillig in sakeredding te gaan.

Tongaat Hulett produseer 535 000 ton suiker per jaar en maal sowat 4,84 miljoen ton suikerriet by sy Suid-Afrikaanse meulens.

“Die stap om vrywillig in sakeredding te gaan, plaas die hele suikerbedryf en die poste wat dit bied, in ’n baie benarde situasie. Duisende mense se werk en lewensmiddele word daardeur in die weegskaal geplaas.”

Dit raak veral produsente en werknemers wat riet aan die Felixton-, Amatikulu- en Maidstone-meulens in KwaZulu-Natal lewer.

“Ongeveer 4 300 suikerrietkwekers wat amper 600 000 ton in September aan hierdie meulens van Tongaat Hulett gelewer het, moes teen einde Oktober altesame meer as R400 miljoen in betaling daarvoor ontvang het.”

’n Geskatte R345 miljoen sal teen einde November aan produsente verskuldig wees vir lewering gedurende Oktober.

“Verreweg die meeste van dié kwekers (4 000) is boere wat op klein skaal riet produseer en baie kwesbaar gelaat word,” sê Russell.

Die vereniging waarsku sowat 14 642 permanente en seisoenale werkers op suikerrietplase se finansiële welstand is nou in gedrang weens die uitstaande betalings. Dié getal sluit nie kontrakteurs, werkers by meulens en ander verskaffers in nie. “Daar word nog meer mense deur die hele waardeketting geraak.”

Die suikerbedryf is volgens hom afhanklik van die oorlewing van groot én klein produsente. “Die meeste van die riet wat nodig is om die meulens teen 350 ton per uur te laat verwerk, kom vanaf groot produsente. Dit help om die kleiner produsente te subsidieer deur middel van ’n verskeidenheid finansiële ondersteuningsmetodes.”

Gemeenskappe wat die meeste geraak kan word, sluit in landelike gebiede van Empangeni, Eshowe, Gingindlovu, Amatikulu, Darnall, KwaDukuza, Shakaskraal, Tongaat, Ndwedwe, Isinembe, Nyoni, Entumeni, Kwambonambi, Nseleni, Melmoth, Heatonville, Jozini en die Makhathini Flats.

Volgens Russell sal die vereniging aanhou om met Tongaat Hulett, die sakeredders, banke, regering en ander belanghebbendes te werk om die bedryf te help.

Tongaat Hulett en die sakeredders het Maandag aan Landbouweekblad bevestig daar sal moontlik op 8 November ’n vergadering met werknemers se verteenwoordigers en die maatskappy se krediteure plaasvind. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot