AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Toyota en Agri SA vereer jongboere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Gerhard Bruwer van die Genade Boerdery is Agri SA en Toyota se Jongboer van die Jaar 2021. By hom is sy vrou, Liezel. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Mnr. Gerhard Bruwer van die Genade Boerdery is Agri SA en Toyota se Jongboer van die Jaar 2021. By hom is sy vrou, Liezel. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Die Toyota en Agri SA Jongboer van die Jaar vir 2021 boer in die Noord-Kaap.

Mnr. Gerhard Bruwer van Douglas in die Noord-Kaap is gisteraand as die 17de wenner van Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie aangewys tydens ’n glansgeleentheid in Kempton Park. Bruwer boer met koring, mielies, aartappels en lusern.

Die afgelope paar jaar word die Agri SA en Toyota New Harvest Produsente van die Jaar ook tydens die geleentheid aangekondig. Me. Beverly Joseph van George in die Wes-Kaap het vanjaar met die titel weggestap. Joseph boer onder meer met hops en het ’n leidende rol gespeel in die ontwikkeling van nuwe hops-kultivars met die samewerking van die voormalige Suid-Afrikaanse Brouery (nou AB InBev).

Bruwer het gesê die ondersteuning van sy gemeenskap speel ’n groot rol in sy boerdery. “Ek staan hier danksy die mense rondom my wat my ondersteun. Ons moet die opbouende sien. Ons almal werk saam, kom ons vergeet van die politici en bou ’n uitstekende land.”

Joseph het gesê sy dra haar toekenning op aan alle vroue in die landbou. “Ons moet hare op ons tande hê om te floreer in ’n bedryf waarin mans oorheers. As ’n geleentheid aan jou deur klop, moet jy gereed wees om dit in te nooi vir tee. Ek wil elke vrou in die landbou nooi om haarself reg te hou vir die oomblik wanneer geleentheid aan haar deur kom klop.”

Beverly Joseph
Me. Beverly Joseph, hier saam met haar man, Furgus, is die AgriSA en Toyota New Harvest Produsent van die Jaar. Gerrit Bezuidenhout

Pro. Carlu van der Westhuizen, voorsitter van die beoordelingspaneel, het gesê al die finaliste lewer ’n bydrae tot die toekoms van die landbou in Suid-Afrika. “Deur hul deelname aan die kompetisie wys hierdie jong produsente die weg aan en beïnvloed hulle ontelbare boere in die toekoms.”

Die 14 deelnemers aan die kompetisie, het Van der Westhuizen gesê, verskaf werk aan rondom 2 350 mense. Dit is gemiddeld 167 mense per kandidaat. “Die betrokkenheid van hierdie kandidate by hul gemeenskappe, om werk te skep en die plaaslike ekonomie te stimuleer is werklik ongelooflik.”

Een van die faktore wat Van der Westhuizen die meeste beïndruk het, was die finansiële bestuur agter elke produsent se boerdery.

“Na my mening is dit die faktor wat die meeste sedert die begin van die kompetisie verander het. Dit is verstommend om die stelsels te sien wat hierdie produsente het om rekord te hou van elke sent wat in die boerdery ingaan.”

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Agri SA, het gesê al die finaliste troon nie net uit as suksesvolle produsente nie, maar ook as dinamiese sakelui wat innoverende tegnologie omarm en dus hul toekoms met realisme en vertroue kan benader.

“Die waarde van hierdie kompetisie lê daarin dat jong sakelui wat die dinamiese aard van ons bedryf kan voortsit, geïdentifiseer word. Hierdie is die jong mense en nuwe toetreders tot die landbou met die intelligensie en dinamiese aard wat ons in die bedryf benodig. Ek glo dat elkeen van hulle die geleentheid het om nie net suksesvolle produsente te wees nie, maar om waarde vir hulself en hul gemeenskappe te skep.”

Minnaar het gesê dat hy self as finalis in 2011 baie uit die kompetisie geleer het. “Dit was deel van die ontwikkeling van kritiese aspekte van my besigheid, en om te verstaan waarom ek my boerdery op ’n spesifieke manier benader. Deur hul deelname het hierdie produsente hul selfkennis ook verryk. Waar, per slot van sake, kan produsente beter leer as wanneer hulle skouers skuur met van die beste in die bedryf.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot