AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Traer stygings van plaaspryse verwag

Nuwe beleidsrigtings vir transformasie kan die plaasmark demp, maar uitsonderlike plase sal steeds teen rekordpryse verkoop.

Premiepryse wat groot ondernemings vir plaasgrond betaal, moet op lang termyn deur verwagte plaasinkomstegroei geregverdig word.

Só sê mnr. Jan van Zyl, hoof van kommersiële landboubemarking en -inligting by FNB.

Die Suid-Afrikaanse landbou het vir die grootste deel van die afgelope dekade goeie produksiejare, goeie kommoditeitspryse, en 'n voordelige ekonomiese klimaat van lae inflasie en lae rentekoerse gehad.

Die bedryf het dus toegang gehad tot kapitaal om boerdery-ondernemings uit te brei en daar was konsolidasie: minder boerdery-eenhede maar groter ondernemings, wat premiepryse vir goeie grond kan betaal.

“Dit kan geargumenteer word dat plaaspryse bo die produktiewe waarde van grond is, wat verdere groot prysstygings minder waarskynlik maak.”

Hy verwag stadiger stygings, maar steeds dat dit gemiddeld 2% en 4% höer as inflasie kan wees. “Uitsonderlike plase sal egter steeds teen rekordpryse kan verkoop.”

Een van die faktore wat plaaspryse bepaal, is dat daar net  'n sekere hoeveelheid produktiewe landbougrond is. 'n Klein toename in vraag lei tot groot stygings in prys.

Die beskikbare grond word minder weens mynbou, verstedeliking, grondhervorming en besoedeling. Veranderinge in grondgebruike, soos marginale mielieproduksiegrond wat vir wildboerdery gebruik word, speel ook 'n rol.

Die Regering se aankope van grond vir grondhervorming het bygedra tot skerp stygings in plaaspryse. Nuwe wetgewing sal enige moontlike beweerde opgeblaase pryse voorkom en dit lyk asof toekomstige besteding daarop gemik sal wees om produksie op hervormde grond te herstel, sê hy.

Moontlike nuwe beleidsrigtings om transformasie te bevorder, kan ook die plaasmark demp. Groei in plaaspryse wêreldwyd is die afgelope paar jaar deur groei in bruto binnelandse produk (BBP) in ontwikkelende ekonomieë ondersteun omdat dit tot eksponensiële groei in besteding op voedsel, vesel en drinkgoed gelei het.

“Beter pryse vir landbouprodukte verbeter plaasinkomste, wat belegging in die landbou aanlokliker maak.”

In Suid-Afrika het plaaspryse selfs in die 2008-resessie bly styg. Suid-Afrika se BBP-syfers die laaste paar kwartale was egter teleurstellend. “Dit sal waarskynlik nie gou verander nie en belegging in landbougrond demp.”

Vooruitsigte vir ekonomiese groei in Amerika, Europa, China en ander ontwikkelende lande is onseker en het 'n invloed op vooruitsigte vir kommoditeitspryse en daarom ook plaaspryse.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.3%
Rand - Euro
17.53
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,689.34
+1.7%
Silwer
20.36
+7.0%
Palladium
2,248.50
+3.8%
Platinum
900.50
+4.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,833
+0.8%
Alle aandele
64,220
+0.8%
Hulpbronne 10
61,626
+2.3%
Industriële 25
77,544
+0.2%
Finansiële 15
13,799
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boerseun soek na liefde
Ek is a baie spontane ,liefdevolle mens hou van mense om mee te komenikeeren soek na die liefde van my lewe om saam my op die plaas te kan kom bly
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot