Margarete Uys, die vyfjarige dogter van mnr. Cobus Uys, voorsitter van die Agri Megaweek, het in ‘n tragiese voorval vermoedelik versmoor nadat strooibale op haar geval het.
Margarete wou Dinsdag (6 September 2011) glo hoenders op haar pa se plaas Patryskraal versorg toe dié strooibale op haar geval het. Die Agri Megaweek vind van 14 – 16 September by Megapark op Bredasdorp plaas.
Volgens ‘n verklaring het mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega-groep, saam met ouers en familie van Uys die toneel Woensdag (7 September 2011) besoek.
“Ons het besluit om Agri Mega-week 2011 op te dra aan Margarete Uys vir haar toegewyde ondersteuning aan haar pa in sy bepaalde rol by die week en vir haar entoesiame oor die week,” sê King.
Bron: Die Burger
8 September 2011