AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Transnet beoog nog ’n groot belegging in hawe-infrastruktuur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaapstadhawe. Foto: GCIS
Kaapstadhawe. Foto: GCIS
Die Transnet-hawe-owerheid (TNPA) het gister aangekondig dat ’n belegging van R16,1 miljard in die hawens in Mosselbaai, Saldanha en Kaapstad beoog word ten einde doeltreffende handel te bevorder.

Die TNPA het onlangs aangekondig dat ’n belegging van R9,1 miljard in hawe-infrastruktuur in Oos-Londen, Gqeberha en Ngqura beoog word.

Vir die projek wat oor sewe jaar uitgevoer sal word, is R2,2 miljard aan die hawe in Mosselbaai, R8,4 miljard aan die hawe in Saldanha en R5,5 miljard aan die Kaapstadse hawe toegewys.

Gedurende die huidige boekjaar sal die TNPA kapitaalprojekte van R452 miljoen by hawens in die westelike streek van stapel stuur. Dit sluit in die opknapping van die sleephelling by Kaai 3 by die hawe in Mosselbaai waarvoor R10,2 miljoen begroot is.

By die hawe in Saldanha is reeds begin met onder meer die aankoop van ’n sleepboot, die oprigting van ’n grensheining en die voorsiening van grootmaat-elektrisiteit. Daar is R182 miljoen vir kapitaalprojekte vir dié hawe gedurende die huidige boekjaar begroot.

Die Kaapstadse hawe het die grootste begroting vir kapitaalprojekte wat gedurende die huidige boekjaar onderneem sal word. Die TNPA het R260 miljoen aan dié hawe toegewys vir onder meer die aankoop van ’n helikopter en die vervanging van twee sleepbote. Oor die volgende sewe jaar word beoog om die vraghouerterminaal te vergroot en tien hyskrane aan te koop.

Adv. Phyllis Difeto, die TNPA se uitvoerende beampte vir die westelike streek, sê sy is vol vertroue dat die verbetering van hawe-infrastruktuur verbeterde doeltreffendheid by hawens tot gevolg sal hê. Volgens haar word veral gekonsentreer op die afhandeling van kapitaalprojekte binne die beoogde tydperk en volgens die vasgestelde begroting. “Terwyl ons ons klem op die uitvoer van kapitaalprojekte verskerp, erken ons dat daar in die verlede onderbesteding was. Daarom het ons ’n nuwe benadering tot die afhandeling van projekte geneem, een wat sal verseker dat almal daarby betrek word.”

Verwelkom

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die aankondiging is baie goeie nuus. Agri SA het die afgelope twee jaar insette oor probleme by hawens aan Transnet gelewer en het saam met die landbousakekamer Agbiz gewerk om doeltreffendheid by Suid-Afrikaanse hawens te verbeter.

“Ons is baie dankbaar dat ons deur opbouende gesprekke vir Transnet kon aanspoor om met daadwerklike oplossings vir tekortkominge by die hawens vorendag te kom. Ons is ook baie bly oor goeie aanstellings wat gemaak word.”

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dié organisasie is dankbaar vir die prioritisering van die drie hawens, veral die Kaapstadse hawe waarvandaan 55% van Suid-Afrika se primêre landbouprodukte uitgevoer word.

“Ons provinsie is uiters divers ten opsigte van landbouvertakkings wat deurlopend doeltreffende hawe-infrastruktuur benodig wat optimaal funksioneer om sodoende produkte in die buiteland te kry. Agri Wes-Kaap is bemoedig deur die beoogde belegging in infrastruktuur by dié hawe en hoop dat die herposisionering die nodige kapasiteit sal skep om die potensiaal van landbou-uitvoer in die Wes-Kaap te ondersteun en uit te brei.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot