’n Droogte lok ’n klomp emosies by boere uit, en dié besonderse foto, “ ’n Lam sonder ma” van die Landbouweekblad-joernalis Willem van der Berg, vang die smart en moedeloosheid, maar bowenal die deursettingsvermoë en boere se vertroue op hul Skepper in sulke tye, besonder goed vas.
Dit het oom Frans Conradie van die vrugteplaas Koelfontein naby Ceres in die Warm Bokkeveld diep getref toe hy die foto in Landbouweekblad sien.
Die foto is geneem op mnr. Coenraad Kotze sr. se plaas, Simon’s Hope by Griekwastad in die Noord-Kaap, terwyl hy in November 2019 met Dorperskape gewerk het.