AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Trekkerdiewe loop hulle rieme styf

'n Paar boere van Mpumalanga het hulle nie laat onderkry deur trekkerdiewe nie maar eerder die diewe vasgetrek en hulle trekkers opgespoor.

Twee trekkers wat vroeër vanjaar by ’n boerdery by Ogies gesteel is, is danksy goeie speurwerk terug by hul eienaars. Mnr. Jaco Truter van die Truterboerdery op die Hoëveld sê hulle het die afgelope jare kwaai onder werktuigdiefstal deurgeloop.

“Die boerdery bewerk lande wat ver van die opstal is, wat beteken dat trekkers soms in die lande moet oornag. Die diewe het die wagte wat die trekkers bewaak het, oorval en vasgebind en daarna is hulle met die trekkers vort,” sê hy.

Truter en twee plaasbestuurders, mnre. JC le Roux en Thinus Major, asook Jaco se neef, Edmund, het aanvanklik saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens die spore op plaaspaaie in die rigting van Bronkhorstspruit gevolg tot waar dit by ’n teerpad doodgeloop het en die trekkers vermoedelik op ’n vragmotor gelaai is.

“Ons het besluit om kringtelevisie- inligting van verskillende besig hede in Bronkhorstspruit aan te vra en so kon ons agterkom dat die trekkers wel in die vroeë oggendure deur die dorp is,” sê Truter. ’n Helikopter is ook in die soektog ingespan.

Ekstra hulp

Die boerdery het daarna besluit om die dienste van Mavcorp, ’n private speurdiens, in te roep met me. Vasti du Preez wat die ondersoek gelei het.

Du Preez het vasgestel dat die trekkers op ’n plaas in Limpopo was. Die boere en Du Preez het na die plaas gegaan en hul trekkers daar gevind. “Benewens ons twee trekkers was daar ook ’n Claas-baler, asook ’n Landini-trekker en ander trekkers wat volgens hul VIN-nommers as gesteel aangemeld is,” sê Truter.

Nadat die gesteelde trekkers na die naaste polisiekantoor gebring is, het die Truter-boerdery sy trekkers teruggekry. ’n Verdagte is in hegtenis geneem en die saak duur voort. “Ons boodskap aan boere is om nooit op te gee nie. Ons het net besluit dat ons met die ondersoek sal bly voortgaan tot die trekkers gevind is.”

Sosiale media

Edmund het ook raad vir boere by wie trekkers gesteel is: “Moenie dit stil hou nie. Gebruik sosiale netwerke, werk saam met die boere in jou omgewing en werp lig op die situasie. Ons het reaksie van boere van reg oor Mpumalanga gekry wat saam op die uitkyk was vir die trekkers en by wie daar ook trekkers gesteel is.”

Du Preez het boere ook gewaarsku teen trekkers en werktuie wat teen spotgoedkoop pryse geadverteer word en waarvan die registrasiedokumentasie nie beskikbaar is nie. “As dit lyk of dit te goed is om waar te wees, hou eerder verby. Deur hierdie trekkers of werktuie aan te koop, steel jy eintlik van jou buurman en medeboere,” het sy gesê.

Truter meen dat boere ook hul trekkers kan modifiseer om uitkenning te vergemaklik. “Dit kan ’n reeksnommer wees wat jy met ’n pons aanbring, of ’n merk waarvan net jy kennis dra. Die punt is om te verseker dat jy jou trekker vinnig kan uitken sodra hy weer teruggevind is,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
+0.8%
Rand - Pond
19.27
+0.3%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.75
+0.9%
Silwer
18.70
+1.9%
Palladium
2,099.50
+2.8%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,627
+0.6%
Alle aandele
64,031
+0.6%
Hulpbronne 10
56,752
+1.0%
Industriële 25
79,455
-0.1%
Finansiële 15
14,214
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot