AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Trekpas vir duisende in pluimveebedryf?

Altesaam 20 000 werknemers in die pluimveebedryf kan binne ses maande hul werk kwyt wees weens hoër lone.

Die styging in die minimum loon vir plaaswerkers tref nie net boere met intensiewe boerderye hard nie. Die plaaslike pluimveebedryf ervaar die afgelope paar maande baie druk, en dié verhoging kan oor die volgende ses maande tot sowat 20 000 afleggings lei.

Mnr. Kevin Lovell, hoof-uitvoerende beampte van die SA Pluimvee-vereniging (SAPA), sê dié afleggings is bo en behalwe die 3 000 afleggings wat die afgelope 18 maande reeds in die bedryf voorgekom het. Dié afleggings is weens die druk op winsgewendheid wat maatskappye in die bedryf ervaar.

Volgens Lovell is die bedryf in gesprekke met Cosatu in ’n poging om die invloed van die loonverhoging te probeer versag en afleggings te voorkom.

‘Gaan outomatiseer’
Die 52% verhoging gaan een van die land se grootste hoenderprodusente, Astral Foods, R36,4 miljoen per jaar meer kos. “Ons het reeds begin om planne te maak om verder in aanlegte te outimatiseer om die impak van die minimum loon te kan verminder,” vertel mnr. Chris Schutte, hoof-uitvoerende beampte.

’n Aankondiging deur mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, dat sy deur oopstaan vir die bedryf oor ’n invoertarief op hoenderprodukte, is vir die bedryf ’n bron van hoop en blydskap, sê Lovell. Hy sê dié tarief sal egter nie binne die volgende ses maande of korter ingestel kan word nie, dus twyfel hy of dit die afleggings sal verminder. “Die risiko dat dit dus gaan gebeur, is baie groot.”

Die bedryf word bedreig deur goedkoop invoere wat die land binnekom, en van 2011 tot 2012 het invoere van 350 000 ton tot meer as 404 000 ton toegeneem. Invoere van agterkwarte het van 2009 en verlede jaar van 66 000 ton tot 162 000 ton gestyg. Lovell sê sowat 70% van verlede jaar se invoere is van die Europese Unie (EU) afkomstig.

Groot toename oor drie jaar
“In 2009 het die EU se aandeel in agterkwart-invoere net sowat ’n halwe persent uitgemaak.  Verlede jaar was dit byna 70% - dit is ’n baie groot toename oor drie jaar,” aldus Lovell.

Die invoertarief sal die bedryf help ten opsigte van invoere vanaf byvoorbeeld Brasilië, maar bykomend is nuwe maatreëls ook nodig vir invoere vanaf die EU. Lovell sê ’n ander stel regulasies bestaan aangaande dié invoere, en met dié toename moet stappe ook in dié verband ingestel word.

Lovell sê baie pluimveeprodusente moet tans meer en meer geld leen om te oorleef, en dringende optrede is nodig. “As banke begin twyfel of dit goed is om aan ’n bedryf blootgestel te word, is die krisis nie meer ver weg nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot