AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Truffels steek kop uit in SA

Die gesogte swart truffel, Tuber Melanosporum, is uiteindelik in Mpumalanga op mnr. Cameron Anderson se plaas naby Dullstroom gevind.

Dit is die eerste keer dat hierdie gesogte sampioen in Suid-Afrika gevind is. Vier truffels van tussen 80 en 190 gram is in ’n agt jaar oue eikeboomplantasie gevind. Volgens mnr. Neil van Rij, ’n landboukundige wat die bevestigende DNA-toetse gedoen het, is dit die begin van baie opslae in die bedryf in Suid-Afrika. “Ons produseer truffels gedurende Europa se somer, wanneer hulle nie vars truffels kan produseer nie en boonop ’n toeloop van toeriste ervaar. Die prys vir hierdie lekkerny is dan baie hoog,” maan hy.

Truffels kos tans soveel as € 1 000/kg (R13 500) in Europa, wat dit een van die duurste varsprodukte per gewig in die wêreld maak. Die pad na die eerste kommersiële truffel in Suid-Afrika was egter lank en, volgens mnr. Volker Miros, die besturende direkteur van Woodford Truffels, is die bedryf nog lank nie by sy bestemming nie.

Die swart truffel, soortgelyk aan die inheemse Kalahari truffel, Kalaharituber pfeilii, is ’n fungi wat in ’n simbiotiese verhouding met boom en plantwortels ondergronds groei. Die Kalahari truffel vorm deel van die woestyn-truffel familie en word meestal as ’n bykos gaargemaak en heel geëet. Die swart truffel daarenteen, weens sy gekonsentreerde smaak, word as ’n krui in kos gebruik en het ’n baie hoër kommersiële waarde as enige ander truffel.

Anderson het na ’n besoek aan Nieu Seeland tien jaar gelede die idee gekry om met hierdie sampioen te boer. Hy het 500 eikebome, wat met die spore van die Tuber Melanosporum fungi geokuleer was, op ’n halwe hektaar gevestig.

Alhoewel die truffels reeds aan die einde van die winter in 2014 gevind is, het die nuus eers onlangs gebreek toe daar onbetwyfelbare bevestiging was dat hierdie truffels wel die gesogte soort is. Die vier truffels is vir bevestiging na Van Rij gestuur nadat Anderson dit gevind het om te bepaal of dit wel die kosbare swart truffel, Tuber Melanosporum, en nie die Chinese of Duitse truffel is nie. Van Rij het dit bevestig, maar om seker te maak het hy dit na Italië gestuur.

“Professor Alessandra Zambonelli van Bologna Universiteit het na maande ook bevestig dat dit die gesogte sampioen is. Na ag jaar se wag maak dit ons verskriklik opgewonde,” verduidelik Van Rij.

“Die normale tyd vir truffels om in drag te kom op eikebome, is tussen sewe en 10 jaar. Ons het begin bekommerd raak, maar nog nie alle moed opgegee nie. Hierdie vier truffels is vir ons bewys dat truffels wél in Suid-Afrika geproduseer kan word,” verduidelik hy.

“Na die tweede wêreld oorlog was eike woude in Europa, die natuurlike habitat vir truffels, vinnig afgesaag om plek te maak vir olywe, druiwe en selfs residensiële en industriële ontwikkelings. Daarbenewens is baie van die ervare truffel-jagters en die truffel-kennis wat hulle deur generasies oorgedra het, in die oorlog oorlede. Die produksie van truffels in Europa het dus sedert die 1950's astronomies afgeneem terwyl die gewildheid daarvan skerp toegeneem het.

“Die vraag na truffels het die aanbod vêr oorskry en die prys het die hoogte ingeskiet en veral vir produsente in die Suidelike Halfrond wag daar groot geleenthede. Ons weet nou truffels kán in Suid-Afrika produseer word, maar nou moet ons die regte praktyke toepas om die produksie daarvan op koers te kry. Sommige produsente in Australië oes tot 100kg per hektaar per jaar, so die potensiaal is daar om baie geld te maak, maar dan moet ons bereid wees om berekende risiko’s te neem,” maan Miros.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Leef jou lewe volheid.. Almal verdien geluk en liefde
Ek is vriendlik en spontane mens. Geniet die lewe volheid. Kamp visvang en natuur. Animal lover. Caring and loving-kindness. Hou van kos maak en bak ook.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot