AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Trust bespaar nie altyd boedeltaks

Daar is ’n mite in omloop dat jy eenvoudig jou eiendom in ’n trust kan sit en, siedaar, weg is jou boedelbelastingprobleem.

Ons kyk vandag na vruggebruik en trusts. ’n Leser skryf sy pa is al bejaard. Die pa het ’n vruggebruik op ’n plaas wat aan sy oorlede vrou behoort het. Met die oog daarop om boedelbelasting te vermy, wil hulle nou die plaas na ’n trust toe oordra. Kan sy pa dit skenk?

Die vraag is nie uniek aan hierdie leser nie. Dit is vir my ’n aanduiding van die totale wanbegrip oor boedelbeplanning en die rol van beperkte regte, waarvan ’n vruggebruik een is, en die gebruik van ’n trust, inter vivos of testamentêr.

Ons kyk kortliks eers na die vruggebruik. Ek is nie, behalwe in bepaalde omstandighede, ’n groot voorstander van vruggebruik nie. Ek meen baie testamentopstellers gryp te maklik daarna sonder om eers die gevolge te deurdink.

’n Vruggebruik is ’n baie sterk reg. Veral in die boeregemeenskap kry ons dikwels dat ’n kind, die uiteindelike erfgenaam van ’n plaas, nie die mas kan opkom nie omdat Ma of Pa ’n vruggebruik het. Daar is beter maniere om vir ’n oorlewende gade voorsiening te maak. Nietemin, dit is nou te laat om daaroor raad te gee.

Ek wil dus stilstaan by die vraag oor ’n trust. Daar is ’n mite wat ongelukkig aangeblaas word deur trustsmouse wat oënskynlik van die trustreg self bitter min of geen kennis het nie, en dit is dat jy eenvoudig jou eiendom “in ’n trust kan sit” en, siedaar, weg is jou boedelbelastingprobleem. Dit is grootliks twak.

Die naaste wat dit aan die waarheid kom, is dat trusteiendom nie in jou boedel opgeneem word vir die berekening van boedelbelasting nie. Maar dit is omdat die trusteiendom nie joune is nie, net soos jy ook nie boedelbelasting op jou buurman se plaas gaan betaal nie. Dieselfde storie.

Die Boedelbelastingwet (Wet 45 van 1955) maak baie duidelik daarvoor voorsiening dat trustbates waaroor jy tot jou voordeel of die voordeel van jou boedel beheer gehad het, wel in jou boedel opgeneem kan word en belasbaar kan wees.

Besitreg

Om die voordeel van ’n trust te kan verkry, moet jy afstand doen van jou besitreg op daardie bate. Daar is drie maniere om dit te doen. Jy kan dit skenk, in welke geval geskenkebelasting ter sprake kom. En dit maak nie juis veel sin om nou 20% geskenkebelasting te betaal net om later dalk 20% aan boedelbelasting te bespaar nie.

Onthou, voor boedelbelasting gehef word, is alle skuld, sterfbedkoste en bemakings aan ’n gade aftrekbaar, en dan is daar nog die R3,5 miljoen-vrystelling. Geskenkebelasting voel vere vir enige van hierdie aftrekkings.

Jou tweede opsie is om jou bate aan die trust te verkoop. Die vraag is, het die trust die geld om jou terug te betaal? Gewoonlik nie, en daarom word dit op leningsrekening met of sonder rente verkoop. Die uitstaande lening bly egter steeds ’n bate in jou boedel. Tot tyd en wyl daardie eiendom wat nou in die trust is, sodanig in waarde toegeneem het dat dit ’n beduidende verskil gaan maak, is daar dus geen boedelbelastingvoordeel vir jou nie.

Dit is ook nodig om hier kennis te neem van mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, se Begrotingsrede in Februarie waarin hy baie sterk aanduiding gee van die Tesourie se plan om bates in ’n trust wat deur leningsrekeninge oorgedra is, in die boedelbelastingnet in te trek. Dit hou ’n risiko in wat voortaan bestuur sal moet word.

Die derde manier is om bates aan ’n trust te vererf, maar dit is nie van toepassing op dié bespreking nie. Wat betref die vraag of die leser se pa die plaas na ’n trust toe kan oordra. Hy kan nie. Hy besit nie die plaas nie. Die plaas het klaarblyklik reeds aan iemand anders vererf.

Die pa het net ’n vruggebruik daarop. By die pa se afsterwe sal die vruggebruik verval en word daardie erfgenaam uiteindelik die alleeneienaar van die plaas.

Navrae: Mnr. Nico van Gijsen, tel. 021 461 2067; e-pos: nico@finlac.com.

  • Mnr. Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhanklike finansiëlerisiko-bestuursmaatskappy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensieer is. Finlac is aan geen finansiële produkverskaffer verbonde nie. Die raad wat hier gegee word, is van ’n algemene aard en moenie as toepaslik vir ’n spesifieke geval beskou word nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-0.2%
Rand - Pond
20.08
+0.3%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,715.09
-0.1%
Silwer
20.62
-0.1%
Palladium
2,279.00
+0.9%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,448
+0.4%
Alle aandele
65,856
+0.4%
Hulpbronne 10
62,909
-1.2%
Industriële 25
80,213
+1.2%
Finansiële 15
14,074
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot