AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10008,8
-107,20
CORN
20 Mrt
-
4485
-16,00
SOYA
20 Mrt
-
8490
-118,00
SUNS
20 Mrt
-
9770
-270,00
WEAT
20 Mrt
-
6566,2
-48,80
WMAZ
20 Mrt
-
3953
-35,00
YMAZ
20 Mrt
-
4189,8
-11,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

TUT-wetenskaplike ontvang toelae vir navorsing oor kruie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Prof. Alvaro Viljoen het ’n toelae van meer as R8 miljoen van die nasionale navorsingstigting se nasionale toerustingsprogram ontvang vir navorsing oor medisinale plante.

Viljoen is ’n B-gegradeerde wetenskaplike en direkteur by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se departement farmaseutiese wetenskappe se navorsingseenheid vir kruiemiddels.

Die toelae gaan gebruik word vir die verkryging, opgradering of ontwikkeling van moderne toerusting wat multidissiplinêre en interdissiplinêre navorsing ondersteun.

Viljoen, wat ook die voorsitter van die nasionale navorsingstigting se leerstoel vir fitogeneeskunde is, sê luidens ’n verklaring die toelae gee erkenning aan die baanbrekersnavorsing wat hy en sy span oor die jare oor medisinale plante gedoen het. “Ons is dankbaar om hierdie nuwe en innoverende tegnologie na ons instelling te bring.”

Viljoen is die outeur van 280 referate en hy het al meer as 80 nagraadse studente opgelei oor die biologiese werking van inheemse medisinale en aromatiese plante.

Op grond van sy navorsingsbydraes oor medisinale en aromatiese plante is hy tot die redaksie van verskeie wetenskaplike joernale verkies. Hy is onder meer hoofredakteur van Journal of Ethnopharmacology (Elsevier), ’n internasionale joernaal in medisinale plantnavorsing.

Dr. Vathiswa Papu-Zamxaka, adjunk-visekanselier vir navorsing, innovasie en betrokkenheid by TUT, sê die toekenning tesame met Viljoen se navorsingsuitset is iets om op trots te wees. “Die finansiering sal beslis help om die universiteit se strategiese verbintenis tot hoë-impaknavorsing te optimaliseer, wat gegradueerdes sal oplei om ’n opbouende impak op die samelewing te maak.”

Viljoen sê hy streef daarna om uitnemende navorsing te handhaaf en “om aan die voorpunt van navorsing in my veld te bly, om voort te gaan om ’n leidende rol te speel, en om werk te lewer wat die grondslag sal vorm vir toekomstige navorsing”. 

Prof. Alvaro Viljoen
Prof. Alvaro Viljoen. Foto: www.tut.ac.za

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.59
-1.0%
Rand - Pond
22.66
-1.3%
Rand - Euro
19.77
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.9%
Rand - Jen
0.14
-2.3%
Platinum
966.86
-0.2%
Palladium
1,390.86
-1.5%
Goud
2,003.00
+0.7%
Silwer
22.59
-0.0%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
66,821
-0.3%
Alle aandele
72,290
-0.3%
Hulpbronne 10
64,314
+2.3%
Industriële 25
96,473
-0.6%
Finansiële 15
14,714
-2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot