AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Twee landboukolleges vir Mpumalanga

Mpumalanga gaan twee landboukolleges en twee nuwe trekkeraanlegte kry.

Die Marapyane Landboukollege in Mpumalanga sal hopelik heropen nadat aan die lig gekom het dat R50 miljoen se opknappings gedoen is terwyl die kollege se deure reeds gesluit was.

Mnr. Vusi Shongwe, die LUR vir landbou in Mpumalanga, het die nuus van die heropening aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye oorgedra. Hy het ook nóg nuus rondom die skep van nog ’n landboukollege oorgedra.

Shongwe en sy span het voor die komitee verskyn om vrae te beantwoord oor die besteding op die gesluite kollege, ’n vertrek wat as ’n verwerkingsaanleg voorgehou is en die provinsie se verwarrende trekkerprogram.

Baie vrae

Mnr. Nazier Paulsen, EFF-LP, wou weet waarom opgraderings van R54 miljoen aan die kollege gemaak is en rekenaars in 2015 aangekoop is, nadat die kollege gesluit is vir sy inlywing by die Universiteit van Mpumalanga in dieselfde jaar.

Die universiteit het egter besluit om nie van die kollege gebruik te maak nie, wat tot die verval van die geboue en perseel gelei het. Die personeel is na die universiteit oorgeplaas en twee wagte is by die hek gelaat.

Shongwe, wat nou vir agt maande as LUR dien, het gesê hy het besluit dat dit moet heropen siende dat die verbeteringe reeds aangebring is, anders sou dit net ’n vermorsing van geld wees. In die huidige geldjaar is R5 miljoen begroot vir die instandhouding van die verblyfgeriewe, waterinfrastruktuur en die instandhouding van die perseel.

Shongwe het uitgewys dat begunstigdes van grondhervorming die kollege vir opleiding kan gebruik. Opleiding in graanboerdery, droëland-boerdery en vee sal beskikbaar wees. Die Elijah Mango-kollege in Kabokweni sal ook as ’n landboukollege dien om studente en begunstigdes van grondhervorming in die Laeveld-omgewing van die provinsie te bedien.

Mielieverwerking?

Die portefeuljekomitee het op ’n besoek aan die provinsie vroeër vanjaar gevind dat die mielieverwerkingsaanleg, Nkomazi Wes Mieliemeule in die Ehlanzeni Suid-distrik, wat R8,4 miljoen gekos het, bloot ’n huis met net twee vertrekke is.

Me. Rosina Semenya, voorsitter van die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het gesê die komitee het self die projekte uitgekies wat hy wou besoek en die struktuur gevind wat as ’n verwerkingsaanleg voorgehou word. Die provinsiale departement het intussen die bedrag van die “aanleg” dramaties na R741 000 verminder. Hy dui ook nou aan dat die “hele projek” teen ’n koste van R8,4 miljoen voltooi sal wees. Die projek het reeds in die 2011/’12-geldjaar afgeskop.

Die jongste dokumente van die departement wys nou skielik dat daar tot op hede R2,4 miljoen op die projek bestee is en dat ’n verdere R6 miljoen in die huidige boekjaar begroot is vir die meule en silo’s. Mnr. Israel Moyasi Silinda, hoofdirekteur vir die ondersteuning van boere by die departement, het gesê dat Lethabo Milling in die Vrystaat aangewys is as die strategiese vennoot van die meule. Die begunstigdes van die Nkomazi-projek sal die meerderheidsaandeel in die projek hê.

Trekkers

Semenya het ook vir inligting gepols oor die provinsie se meganisasieprogram. Sy wou weet watter trekkers aan watter regeringsfeer behoort en hoeveel werklik werksaam is.

Silinda kon nie aan die komitee ’n duidelike prentjie verskaf oor wie watter trekkers in die provinsie besit nie en sal dié inligting later verskaf. Shongwe het nadat hy Silinda oor die kole gehaal het, aangedui dat hy gevind het dat die koördinasie van die trekkers nie behoorlik in die provinsie geskied nie.

Foton-trekkers van China wat gewoonlik in sagte grond ploeg vir rysproduksie, is aan die provinsie verskaf. “Ons grond is hard en benodig ander trekkers.” ’n Oudit van die trekkers is gedoen met die oog daarop om die wat geskik is te herstel en die oorblywendes weg te maak. Die provinsie sal ook twee nuwe trekkeraanlegte kry.

“As jy kry dat ’n trekker vir ses maande staan omdat sy aanskakelaar stukkend is, beteken dit daar is nie behoorlike kapasiteit in die departement om die trekkers te hanteer nie.” Shongwe beplan ook om die grond by skole in bewerking te kry sodat leerders van ’n jong ouderdom by landboubedrywighede betrek is. “Ons wil Mpumalanga groen maak,” het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Soek eerbare ware liefde
Mooi persoonlikheid. Mense mens. Lief vir lewe . lief vir natuur. Uitdagings. Living on the edge. Opreg reguit persoon met baie liefde om te gee
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot