
Volgens oa. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, is die 27-jarige en 46-jarige verdagtes op Woensdag 11 Mei tydens ’n blouligpatrollie in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die skape, asook die Toyota-bakkie waarin hulle vervoer is.
Lede van die patrollie het die verdagtes ondervra en bevind dat die dokumentasie vir die skape vervals was. Hulle is na die polisiekantoor geneem waar die Vrede-veediefstaleenheid vasgestel het dat die 47 skape pas gebrandmerk is om ander merke te verbloem.
Die verdagtes word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.