AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Twee plaasmoorde in twee dae

Nog ‘n boer is in die Vrystaat om die lewe gebring terwyl die Polisie in die Wes-Kaap steeds soek na moordverdagtes.

Nog ‘n boer is in die Vrystaat om die lewe gebring terwyl die Polisie in die Wes-Kaap steeds soek na moordverdagtes.


Die Polisie in die Wes-Kaap soek steeds na twee verdagtes nadat ‘n boer van Stellenbosch verlede week vermoor is. Kol. Andre Traut sê: “Al wat ek in die stadium gaan sê is dat niemand nog in hegtenis geneem is nie en alle leidrade word opgevolg. Ek gaan nie verder uitbrei oor die ondersoek nie.”


Die 44-jarige mnr. Alberto Costas is vroeg Vrydagoggend (18 Februarie), deur twee aanvallers op sy plaas doodgeskiet. Die voorval het rondom 03:00 plaasgevind. Hy het iets buite sy plaashuis gehoor, en het met sy vuurwapen gaan ondersoek instel. Costa het op die verdagtes afgekom, en hy is tydens ‘n skietery noodlottig gewond. Een van die verdagtes is vermoedelik gewond.


66-jarige boer ook vermoor

Intussen is ‘n tweede boer, die 66-jarige mnr. Helgard Muller van Frankfort, Saterdag (19 Februarie) tydens ‘n rooftog op sy plaas in die kop geskiet. Luidens ‘n berig op News24.com het Muller in ‘n ambulans op pad na Vereeniging gesterf.


Muller se vrou, Marietjie, wat aan ‘n rolstoel vasgekluister is, en hul huishulp, is Saterdagoggend deur twee mans oorval terwyl Muller na sy beeste gaan kyk het. Hulle het die vroue se monde toegestop, vasgebind en na verskillende kamers geneem. Marietjie is glo gevra vir die kluis se sleutels, want die mans wou geld gehad het.


Die rowers het toe op Muller gewag, met ‘n wapen en ‘n stok, en toe hy by die huis opdaag, het hulle hom geskiet en met R700, selfone en sy bakkie op die vlug geslaan.


Aangekeer

Die huishulp kon haarself en Marietjie bevry, waarna sy Muller se seun gekontak het en die plaaslike gemeenskap gemobiliseer is. Muller se voertuig is later verlate gevind, en twee mans van Orangeville, 19 en 32, en ‘n vrou van Frankfort, 25, is in hegtenis geneem.


Die wapen waarmee Mullder glo geskiet is, is in die vrou se huis gevind. Die drie verskyn vandag (21 Februarie) in die landdroshof op Frankfort.


21 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot