AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tweeman(vrou)skap bring verandering in Matatiele

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kommunale boere gebruik nou weer rotasieweiding en rus in kombinasie met hoëdruk- en vinnig roterende weidingspraktyke om die weiveld rondom Matatiele, wat deel vorm van die Umzimvubu-opvangsgebied, te laat herleef. Foto: Verskaf
Kommunale boere gebruik nou weer rotasieweiding en rus in kombinasie met hoëdruk- en vinnig roterende weidingspraktyke om die weiveld rondom Matatiele, wat deel vorm van die Umzimvubu-opvangsgebied, te laat herleef. Foto: Verskaf
Die landelike gemeenskap van Matatiele se lewensbestaan word al 20 jaar lank verbeter danksy die werksaamhede van die organisasie Environmental and Rural Solutions (ERS).

Die ERS is ’n maatskaplike organisasie sonder winsbejag wat 20 jaar gelede in die Oos-Kaapse dorpie Matatiele in die Umzimvubu-opvangsbied deur die grondkundige me. Sissie Matela en die omgewingskundige me. Nicky McLeod gestig is en is ’n vennoot van die wêreldnatuurlewefonds (WWF) en die WWF Nedbank-groentrust. Die area vorm deel van die Maloti-Drakensberg-waterskeiding wat strek tot by die riviermonding by Port St. Johns.

Die paar het saam met hulle ERS-vennote oor die afgelope 20 jaar toenemend werksgeleenthede geskep en volhoubare selfaanstelling verhoog, hoofsaaklik deur veeboerdery, die hoofinkomste in die area, asook deur mikro-ondernemings en die opleiding van jong mense om deel te word van die ERS.

Matela en McLeod verrig noemenswaardige werk om die landelike lewensbestaan van die plaaslike gemeenskap te verbeter deur ’n reeks landskap- en lewensbestaanprojekte. Die twee het onder meer reeds die WWF se Living Planet-toekenning in 2019 ontvang vir hul werk.

“Ons werk begin met mense se lewensbestaan. Dit is baie makliker om mense te betrek by omgewingsbewaring as ons hul lewensbestaan verbeter,” sê Matela. “Wanneer vee vet en gesond is, is die boere en hul families tevrede omdat hulle meer geld maak op veeveilings.”

Die Umzimvubu is die derde grootste rivierstelsel in Suider-Afrika en dreineer nagenoeg 2 miljoen hektaar, wat water aan miljoene mense verskaf.

Al hul projekte is gesentreer rondom die uitbou van ’n groen waardebesigheidsketting deur die Umzimvubu-opvangsvennootskapprogram (UCP), wat ’n gemeenskapswye program is.

Afhanklikheid van waterbronareas

Strategiese waterbrongebiede in Suid-Afrika beslaan meer as 10% van Suid-Afrika se grondoppervlakte, maar verskaf meer as 50% van die land se water. Suid-Afrika is buite verhouding afhanklik van water van hierdie gebiede en daarom moet hulle noukeurig op alle vlakke bestuur word – van beleidmaking en wetgewing tot op die grond.

“Die Matatiele-streek is ideale beeswêreld met ryk weiveld en vleiland,” sê McLeod. “Gesonde weiveld, grond en vleiland is ingevleg in waterbestuur aangesien die watervloei van die bokant van die opvangsarea wat riviere en strome herlaai, verstadig, en dit vorm ’n landskapsponsstelsel waardeur water reg oor gebiede opgeneem en stadig weer vrygestel word gedurende die loop van die jaar.

“Goed bestuurde weiding hou die weiveld en vleiland gesond en die grondmantel op sy plek,” sê McLeod. “Swak bestuurde weiding lei tot die agteruitgang van weiveld en erge gronderosie, wat die opvangstelsel ondergrawe, soos wat in ’n groot deel van die provinsie gesien word.”

Die span werk in vennootskap met die kommunale boere onder ses kapteinskappe wat strek oor 55 landelike dorpies om weer tradisionele metodes van rotasiebeweiding en rus aan mense bekend te stel, in kombinasie met hoëdruk- en vinnige rotasiebeweiding om die gesondheid van die weiveld te verbeter, sê McLeod.

Mobiele veilings

Die ERS-span werk ook saam met Meat Naturally Africa om mobiele veilings na gemeenskappe te bring waar boere hul beeste teen mededingende pryse kan verkoop. Die omset kan van R1 miljoen tot R2 miljoen per veiling beloop.

Indringerwattels in een van die sytakke van die Umzimvubu-rivier word getakel deur ’n gidsprojek en ekovriendelike houtskoolproduksie deur die mikro-onderneming Echochar, wat erken word deur die woude-rentmeesterskapraad.

Plaaslike inwoners werk hard om die silwerwattels af te kap. Een ton hout lewer 180 kg ekovriendelike houtskool. Só word ’n las omskep in ’n bate, met meer water wat beskikbaar word, en veldrehabilitasie wat plaasvind. Die span maak 2 ha tot 4 ha per maand skoon.

Danksy nog ’n WWF Nedbank-groentrustprojek in die Matatiele-area word 120 kleinboere ondersteun om organiese groentetuine te vestig en te onderhou deur gebruik te maak van natuurlike kompos en ’n gryswater-emmerfiltreerstelsel om die groente nat te lei.

Nog een van hul projekte is die oprig van 18 fonteinopvangstelsels om vars en skoon water aan 600 huishoudings in 12 dorpies te verskaf.

Volgens Matela is hul werk nog nie klaar nie. Nog ’n oogmerk van die UCP is om die Maloti Thaba Tsa Metsi-bewaararea van 48 500 ha te skep. Dit sluit al ses die kapteinskappe van die Umzimvubu-waterskeiding in. Dit is reeds goedgekeur deur die departement van landelike sake en alle deelnemende gemeenskappe het reeds ondernemings onderteken om hul grond tot ’n bewaarde omgewing te laat verklaar. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot