AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Tyd vir vernuwing, s

As gesê word die Landboubesigheidskamer (LBK) kan nie net meer 'n boerbeheerde, boergerigte organisasie wees nie, beteken dit nie 'n aftakeling van landboustrukture in die land nie. Wanneer die LBK sy lidmaatskapbasis verbreed, kan dit juis die landbou se posisie in die land verstewig.

Só het mnr. Chris du Toit, voorsitter van die LBK, in Port Elizabeth gesê toe hy 'n vergadering van die Oos-Kaapse kamer ingelig het oor die beoogde veranderinge wat voor einde vanjaar binne die organisasie deurgevoer gaan word. Hy het beklemtoon dat die verhoudinge tussen Agri SA en die LBK tans gesond is. Die Algemene Raad van Agri SA het die voorstelle op die LBK se kongres om voortaan as 'n onafhanklike affiliasie met 'n eie grondwet en nie meer as een van die drie kamers binne Agri SA te funksioneer nie, eenparig goedgekeur. "Hoewel die LBK 'n outonome organisasie word, sal hy by Agri SA geaffilieer wees en sy finansiële verpligting teenoor laasgenoemde nakom," het hy gesê. Verskeie instansies het noue bande met die landbou en is begerig om by die LBK te affilieer sodra die kamer se grondwet gewysig is. Hoewel hy nie nou die name van die betrokke instansies wou noem nie, het hy met verwysing na samesprekings wat die LBK binnekort met die Land Bank oor die wysigings aan die Land Bankwet gaan voer, gesê alle bankinstellings wat die landbou in dieselfde mate as landboubesighede en -koöperasies finansier, gaan deur die nuwe wet geraak word. Mnr. Du Toit sê in die lig daarvan dat Agri SA gevra het om die naam LBK in sy eie struktuur te behou, laasgenoemde nou 'n nuwe naam moet kry. Een van voorstelle was om dit te verander na SAAB (Suid-Afrikaanse Agri Besighede). Dr. Johan van Rooyen, uitvoerende direkteur van die LBK het gesê die huidige naam dra baie bagasie van die verlede en het die vertroue uitgespreek dat 'n nuwe naam sal aandui dat die organisasie meer verteenwoordigend sal wees en ernstig is oor swart bemagtiging in die landboubesigheidswêreld. Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, het gevra dat alles moontlik gedoen word om nie die "landboufamilie" in die land te verbrokkel nie. Op 'n vraag of agri-besighede wat nie met die veranderinge gelukkig is nie, ook regstreeks by Agri SA sal kan affilieer, het mnr. du Toit geantwoord dat so 'n moontlikheid nie uitgesluit is nie. Die veranderinge wat beoog word, sal op die komende kongres van Agri SA in Oktober op Somerset-Wes bespreek word. Die LBK sal daarna 'n spesiale kongres reël om sy nuwe grondwet goed te keur. 13 September 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
+1.0%
Rand - Pond
19.35
-0.1%
Rand - Euro
17.23
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.61
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,638.01
+1.0%
Silwer
18.66
+1.7%
Palladium
2,069.50
+1.3%
Platinum
864.00
+1.3%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,354
+0.1%
Alle aandele
63,744
+0.2%
Hulpbronne 10
56,260
+0.1%
Industriële 25
79,345
-0.2%
Finansiële 15
14,121
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot