AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Uieprys bly laag ongeag lae volume

Die prys van uie is nie op dieselfde trajek na die wolke soos ander groentes nie, maar wag tot die winter, sê boere.

In ’n jaar waar meeste groentesoorte rekordpryse behaal, sukkel uieboere om dieselfde prestasies aan te teken. Volgens mnr. Charl van der Merwe, bermarkingsbestuurder van die plaas Môrester naby Ceres, speel gehalte ’n groot rol in die onderpresterende prys.

Tans, volgens Aartappel Suid-Afrika se statistiek, is die gemiddelde prys vir 10 kg uie regoor die land rondom R47, terwyl daar ’n 10 kg-sakkie aartappels onlangs op Durban se varsproduktemark by RSA Markagente vir R150 verkoop is.

“Die hitte, meer as die droogte, het gehalte van uie van regoor die land geknou. Uie se houvermoë is net nie wat dit normaalweg is nie en baie boere is forseer om uie nou te bemark wat hulle in ’n normale jaar sou opberg. Die vraag is dalk ook effens laer as normaal weens die laer gehalte en die kombinasie van faktore en daarom skiet die prys van uie nog nie die hoogte in nie. Gelukkig verdien die goeie gehalte uie steeds tussen R60 en R70 ’n sakkie,” verduidelik Van der Merwe.

Buiten die hitte, het ’n week van koue en reën aan die einde van Januarie verder skade berokken aan uie in die Noord-Kaap volgens mnr. Kolver Mülke, die Noord-Kaap Uieprodusentevereniging se voorsitter.

“Die uie het in daardie week nie kans gehad om af te droog nie en dit het gehalte en houvermoë ’n groot knou gegee. Tans oes ons die uie wat in daardie tyd gegroei het,” verduidelik Mülke.

Prys ignoreer lae volume

Volgens Aartappel Suid-Afrika se statistiek is die volume op die markte die afgelope twee weke tussen 450 000 en 500 000 10 kg-sakkies. “Solank die volumes nog onder 650 000 sakkies is, verwag ons ’n lewendige mark en dus ’n ’n beter prys as wat ons tans verdien,” verduidelik Mülke.

Verdere tekorte dalk op pad

Van der Merwe meen egter dat die volumes op die markte laer sou wees as die gehalte beter was. “Ek reken baie produsente stuur tans hulle uie so vinnig as kan markte toe eerder as om dit op te gaar vir die wintermaande se bemarking, juis omdat die houvermoë nie so goed is nie. Dit is dus te verwagte dat daar ’n redelike tekort aan uie tussen Mei en Julie op die markte gaan wees. Indien die gehalte teen daardie tyd goed is, kan ons dalk vuurwerke in die uieprys sien,” verduidelik Van der Merwe.

Mnr. Louis de Kock van Wildeklawer Uie stem saam en meen R100- tot R110 vir ’n sakkie uie tussen Mei en Junie is nie te vergesog nie weens die uie wat weens die hitte nie gedurende Desember en Janauarie in Limpopo geplant is nie. Hierdie uie is later geplant en word nog steeds geplant en daarom gaan die volumes van Augustus begin toeneem. Teen Oktober en November vanjaar gaan uie weer spotgoedkoop wees, wanneer die goot volume uie van die noorde bots met die begin van die Noord-kaap-oes” is die mening van de Kock.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.8%
Rand - Pond
19.74
-1.6%
Rand - Euro
17.48
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,654.62
-0.3%
Silwer
18.76
-0.7%
Palladium
2,207.50
+2.6%
Platinum
866.50
+0.0%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,434
+0.0%
Alle aandele
63,785
-0.0%
Hulpbronne 10
60,513
+4.6%
Industriële 25
77,312
-1.5%
Finansiële 15
13,813
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot